Daar is geen keer aan aktrise Leandie du Randt nie. Sy was onlangs weer in Getroud met rugby te sien en boonop volstoom besig met haar gewilde praatjies aanlyn. 

Leandie het verlede jaar gewaag en haar blonde hare in 'n bob gesny. Oor dié verandering is sy beslis nie spyt nie. "Ek voel amazing. Ek kan dit nie beskryf nie. Dis die eerste keer in agt jaar dat ek my hare so kort gesny het. Gewoonlik is ek ná 'n week spyt. Maar nou voel ek regtig soos 'n nuwe mens. Ek voel weer 22, so dit doen my goed," het sy toe aan SARIE.com verklap.

Op sosiale media hang aanhangers aan haar lippe en wil graag die geheim agter haar moderne haarstyl weet. In 'n onlangse Instagram-plasing deel sy haar gunsteling-haarwenk. Sy span haarpoeier in om haar kapsel volume te gee wat deur die loop van die dag mooi hou. 

Haarpoeier help om ...

  • Volume wat hou te skep.
  • Fyn en dun hare dikker te laat lyk.
  • Jou hare makliker te stileer.
  • Olierigheid teen te werk en jou hare langer vars en skoon te hou.
  • Jou hare tekstuur te gee.

Stap vir stap:

1. Wend 'n klein hoeveelheid haarpoeier by jou haarwortels aan of waar ook al jy volume wil skep. Nie te veel nie, jy kan altyd nog poeier aanwend indien nodig. 

ONTHOU
Jou hare moet reeds droog wees voordat jy die haarpoeier aanwend.

2. Gebruik jou vingerpunte om die haarpoeier mooi deur jou hare te werk.

3. Nou kan jy jou hare in jou gunsteling-styl stileer.

Probeer dié produkte:

1. John Frieda Luxurious Volume Root Booster (R116)

2. Kevin Murphy Powder.Puff Volumising Powder (R550)

3. Osis+ Schwarzkopf Professional Mattifying Volume Powder Dust It Light Control (R289). Beskikbaar by uitsoeksalonne of aanlyn by www.retailbox.co.za