As daar nou een mens is wat nie bang vir verandering is nie, is dit Madonna! Sy het onlangs op sosiale media foto’s gedeel van haar splinternuwe voorkoms: Donkerbruin hare wat in ’n krullerige pixie-styl gestileer is.

FOTO Instagram / Madonna
FOTO Instagram / Madonna

Net toe ons aan haar sagte, blonde krulle gewoond geraak het, verras die koningin van pop ons wéér! Soos soveel kere tevore sedert haar musiekloopbaan in die tagtigerjare begin het.

ROTTERDAM, NETHERLANDS - JULY 24: Photo of MADONNA
FOTO Getty Images / Gallo Images
ROTTERDAM, NETHERLANDS - JULY 24: Photo of MADONNA
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die krulle gee die treffende pixie-styl volume en tekstuur. Dis nie die eerste keer dat sy haar hare kort en donker dra nie. Ons onthou ’n soortgelyke styl vroeër in haar loopbaan.

Madonna (Photo by Ron Galella/WireImage)
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die Daily Mail berig aanlyn Madonna se hare is net ’n pruik.

Wat dink jy van die voorkoms? Is jy ook lus vir ’n korter haarstyl? Die belangrikste ding om in gedagte te hou is jou gesigvorm. Hier’s kort haarsnitte wat by elke gesigvorm pas.

Probeer dié kort haarstyle:

Ovaal

As jy ’n ovaalvormige gesig het, is jou voorkop en kakebeen min of meer ewe breed. Jy’s gelukkig, want die meeste kort haarstyle lyk goed by jou gesigvorm. Vermy egter ’n swaar kuif.

Ster-inspirasie: Katy Perry

FOTO: Instagram/@katyperry

Hartvormig

Jy het hierdie gesigvorm as jou voorkop en wangbene breër is as jou kakebeen. Indien jy jou hare kort wil dra, laat sny ’n kuif wat jou voorkop ’n bietjie wegsteek.

Ster-inspirasie: Rolanda Marais

FOTO: Instagram/@rolandamarais

Rond

Ronde gesigte is min of meer net so lank as wat dit breed is. ’n Kort haarstyl met ’n sagte kantkuif verbloem ’n ronde gesigvorm. Fokus die volume bo en nie langs jou ore nie.

Ster-inspirasie: Michelle Williams

FOTO: Getty / Gallo Images

Vierkantig

’n Breë voorkop en ’n hoekige kakebeen is kenmerkend van ’n vierkantige gesig. ’n Kort styl met sagte "veertjie"-lae en baie tekstuur pas goed by dié gesigvorm.

Ster-inspirasie: Natalie Portman

FOTO: Getty / Gallo Images

Lank

As jou gesig langer is as wat dit breed is, het jy ’n lang gesigvorm. Pixie-haarstyle lyk veral mooi by hierdie gesigvorm. Meer tekstuur en volume aan die kante gee jou gesig effe breedte.

Ster-inspirasie: Nadia Valvekens

Nadia Valvekens

Bronne: www.allure.comwww.dailymail.co.uk