Melinda Bam, voormalige Mej. Suid-Afrika, was nog altyd bekend vir haar lang blonde lokke. Maar soos hulle sê is 'n nuwe haarstyl so goed soos 'n vakansie! 

Die pragtige Melinda spog nou óók met die supergewilde lob, oftewel lang bob. Dis haar eerste haartransformasie in sewe jaar, verklap sy op Instagram.

Wat dink jy van haar nuwe styl?

FOTO: Instagram/@melindabam
FOTO: Instagram/@melindabam

Hoekom hou ons hiervan?

Ons is gaande oor die lob, want dit pas by letterlik alle gesigvorms. Dis al 'n hele paar jaar gewild onder internasionale en plaaslike bekendes. Boonop is dit veelsydig en kan jy dit maklik self stileer.

FOTO: Instagram/@melindabam

Melinda het op Instagram Stories vertel sy was lus vir 'n verandering – vandaar die nuwe haarsnit! 

FOTO: Instagram/@melindabam
FOTO: Instagram/@melindabam