En só kom die rooitapyt-seisoen tot sy einde. Gisteraand in Los Angeles het van die wêreld se grootste sterre bymekaar gekom vir die Oscars. Joaquin Phoenix, Renée Zellweger, Laura Dern en Brad Pitt het in die spel-kategorie geseëvier. 

Wat kapsels betref, meen SARIE-skoonheidsredakteur Monica van der Walt die sterre van die aand was Natalie Portman en Lucy Boynton. Albei het treffend met hul bob-haarstyl gelyk.

Aktrises Natalie Portman en Lucy Boynton was SARIE skoonheidsredakteur, Monica van der Walt, se top-keuses.. FOTO’S Instagram

Sterre soos Natalie, Renée, Maya Rudolph, Lily Aldridge en Penelope Cruz het hul hare met ’n middelpaadjie gedra. Ná al die jare bly dit ’n goeie keuse vir selfs die spoggerigste geleentheid. Dis sjiek en kan met los hare of in ’n opstyl gedra word.

Natalie Portman FOTO Instagram / Independent
Renée Zellweger het gisteraand die Oscar vir beste aktrise gewen. FOTO Instagram / Sidewalk Blog
Maya Rudolph FOTO Instagram / Pop Culture
Lily Aldridge FOTO Instagram / Emma Jade Morrison
Penélope Cruz FOTO Instagram / Iconic Beauty

Die kantpaadjie is egter ook verteenwoordig, met bekendes soos Margot Robbie, Laura Dern, Brie Larson en Charlize Theron wat hulle hare so gedra het.

Margot Robbie FOTO Instagram / Geek Extra
Laura Dern FOTO Instagram / Ryan Trygstad Hair
FOTO Getty Images / Gallo Images
Charlize Theron FOTO Instagram / Sidewalk Blog

Grimeerkunstenaars het vanjaar gefokus op treffende oë. Sagte bruin en brons was veral die gewild om drama te skep. Die klassieke katoog is natuurlik ook gesien.

Zazie Beetz FOTO Instagram / GQ Mexico
FOTO Instagram / Peter Lux

Neutrale lipkleure het oorheers, maar daar was ook helder kleure.

Janelle Monáe FOTO Instagram / Janelle Monáe
Lily Aldridge FOTO Instagram / Ralph Lauren

Anders as verlede jaar het die bekendes nie hul hare spesiaal vir die aand kort laat sny nie. Aktrise Saoirse Ronan het wel haar hare in ’n kuif gesny. Haar sagte baby bangs, veral in 2018 ’n gewilde tendens, het haar voorkoms mooi afgerond.

FOTO Instagram / Hair by Adir