Die sanger en voormalige Disney-ster Miley Cyrus het ’n treffende nuwe haarstyl. Nie net het sy haar hare platinumblond gekleur nie, sy dra nou ook die gewildste en mees veelsydige haarbykomstigheid van die oomblik: ’n kuif. Lees hiér vir jou gids tot die moderne kuif.

Boonop het Miley op Instagram bevestig dat haar nuwe lokke natuurlik is. Sy dra nie ’n pruik of haarverlengings nie.

Ons is veral gaande oor haar lang, stompgesnyde kuif! Sy en haar haarstileerder het ’n paar foto’s en video’s op sosiale media gedeel.

Kuiwe is beslis weer in die mode, sê Candice McKay, haarstilis en eienaar van Wyatt Hairdressing and Barbering in Johannesburg.

Daar is veral drie style wat op die modeloopplanke uitgestaan het: Die stompgesnyde mikro-kuif of baby bangs wat tot in die middel van jou voorkop gesny is en ’n bietjie meer waaghalsig is, asook meer soliede kuiwe wat sjiek lyk en pas by ’n smal gesigvorm. Dan is daar ook die 70’s-geïnspireerde kuif wat dien as ’n huldeblyk aan die ikoniese Franse aktrise Brigitte Bardot. Dié kuif is effens langer en word met ’n middelpaadjie na weerskante gestileer en lyk sag en sexy.

“Moenie bang wees om ’n kuif te sny nie,” sê Candice. “Dis van die maklikste maniere om jou voorkoms ’n nuwe kinkel te gee en boonop ’n slim manier om van die eerste tekens van veroudering op jou voorkop weg te steek – ons noem dit sommer hare-botoks.”

Kyk net hier:

FOTO Instagram / Sally Hershberger
FOTO Instagram / Sally Hershberger
FOTO Instagram / Sally Hershberger

Wil jy ook ’n kuif laat sny? Daar is baie verskillende style of van te kies. Belangrik is om jou gesigvorm in ag te neem.