Die gewilde Afrikaanse sangeres wat vanjaar twintig jaar in die bedryf vier, het haar hare vir die feesseisoen ligter gekleur. 

"Dis gelukkig nie ’n verskriklik drastiese verandering nie, maar dit is nou lekker somertyd ... ’n bietjie van ’n ligter kleur voel vir my reg," het Nádine vir die SARIE-skoonheidspan gesê. 

FOTO: Instagram/@nadinenet

By ’n foto van haar lang blonde hare op sosiale media sê sy met haar ligter skakering is sy nou reg vir Kersfees en haar vertonings in België. 

Ek was maar nog altyd 'n brunet en ek dink ek sal vir die res van my lewe wees. Maar hierdie is net so lekker om te doen!

FOTO: Instagram/@nadinenet

Nádine berei tans voor vir haar Kerskonserte later vandeesmaand in België. "Ek het agt konserte daar saam met Frans Bauer en Garry Hagger. Dit gaan vir my lekker wees om net ’n bietjie getan en met 'n ligter haarkleur soontoe te gaan."

Haar ligter hare pas haar perfek. Sy het eers met so ’n paar ligte sonstrepies begin en toe besluit om alles ligter te kleur.

Ligter hare vir die somer is hoogmode, maar onthou dis ’n tydsame proses as jy donkerder hare het. Dis ook belangrik om die kleur te onderhou sodat dit nie geel of uitgewas lyk nie.

Nádine gebruik Pureology Shampoo (R329) en Conditioner (R369). Beskikbaar by SkinPhd-salonne.

Sorg vir gekleurde hare:

Hare wat so ’n kleurverandering ondergaan, is geneig om makliker te breek en benodig ekstra versorging.

Die Brasiliaanse haarsorgreeks INOAR se Absolut Speed Blond-reeks is die perfekte opsie om blonde hare (natuurlik of gekleur) in stand te hou. Die sjampoe en opknapper (R500 vir albei) help om jou haarkleur vars te hou. Gebruik die INOAR Absolut Speed Blond Mask (R450) weekliks vir ’n meer intense behandeling. Beskikbaar by uitsoeksalonne of aanlyn by www.inoar.co.za

INOAR Absolut Speed Blond Duo Kit (R500)

INOAR Absolut Speed Blond Mask (R450)