Die Australiese Oscar-bekroonde aktrise Nicole Kidman dra haar lokke al langer as ’n dekade ligblond en reguit gestileer. Aanhangers het moontlik al vergeet dat sy eintlik rooi krulhare het!

Die 51-jarige Nicole is egter onlangs in New York met pragtige koperrooi lokke gewaar. Haar hare is terug na haar natuurlike kleur vir die rol as sielkundige wat sy in ’n nuwe minireeks vertolk.

Kyk net hier:

FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MARCH 14: Nicole Kidman seen filmi
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MARCH 14: Nicole Kidman seen filmi
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - MARCH 14: Nicole Kidman seen filmi
FOTO Getty Images / Gallo Images

Kies ’n rooi skakering wat by jóú pas

Daar is soveel skakerings om van te kies: Van ’n diep, ryk rooi tot ’n meer subtiele en sagte aarbeiblond.

By jou natuurlike haarkleur:

- Vir blondines is rooiblond (aarbeikleur) die beste. Dit sal nie jou gelaat afgemat laat lyk nie.

- As jy donkerblonde of ligbruin hare het, sal ’n warm, sagte rooi die beste by jou pas.

- Vir brunette is ’n diep wynrooi skakering ideaal.

By jou velkleur:

- Kies ’n warm rooi skakering soos koper of rooigoud as jou vel ’n koel ondertoon het.

- Vir ’n warm gelaat is koeler rooi skakerings soos kersierooi of wynrooi perfek.

- Onseker? Eksperimenteer met rooi strepies vir ’n subtiele rooi glans.

Bron: www.allure.com