Baie bekendes stileer hul hare deesdae in dié styl ... Hul kapsels is so blink en perfek dat dit nou amptelik “glas”-hare genoem word! Baie vroue is lus vir iets nuuts en anders as net golwende hare.
Die nuwe haar-trend is ’n stompgesnyde bob met ekstra glans. Die lob (of lang bob) is nou hoogmode en glashare is ideaal om dié styl op te kikker. Dis die perfekte kombinasie: ’n bob wat in een lengte gesny is, en ’n ekstra blink en gladde tekstuur wat die reguit styl komplementeer.
Só dra bekendes die glas-trend:
Kim Kardashian
Lucy Hale
Hailey Baldwin
Olivia Culpo
Kry dit só:
* Eerstens, dis belangrik dat jou haarpunte gereeld gesny word om dit netjies en gesond te hou en jou hare te laat blink.
* Wend ’n stileerproduk op jou hare aan en gebruik ’n groot, ronde borsel om jou hare reguit uit te blaas. Stryk dit dan glad met ’n haaryster.
* Rond die haarstyl af met ’n haarolie, -serum of glanssproei vir ekstra blinkheid. Vryf die produk in jou hande en wend dit met jou vingerpunte aan.
* Blaas laastens jou hare weer vinnig uit om te verseker dat die ekstra glans deur die dag behoue bly.
Probeer dié produkte:
1. INOAR Argan Oil Treatment (R560). By uitsoeksalonne en www.inoar.co.za
2. Palmer’s Coconut Oil Formula Coconut Oil Hair Polisher Serum (R110)
3. TIGI Masterpiece Shine Hairspray (R295). By Dis-Chem.
SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady Emblem, INOAR, Isa Carstens Academy, Kalahari en kykNET.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET