Baie internasionale én plaaslike bekendes dra deesdae die lang bob (of lob): ’n veelsydige styl wat jy maklik kan stileer. Dit pas by enige gesigvorm én lyk mooi by jonk en oud. Maar pasop … daar is een bob-haarsnit wat jou ouer kan laat lyk – die korter mom-bob!

Die mom-bob is effe langer agter met korter punte voor rondom die gesig gesny. Die probleem met die styl is dit kan jou moeg, onversorg en bowenal verbeeldingloos laat lyk.

FOTO: Getty

Om jou hare korter te sny is ’n groot verandering: Sorg altyd dat jy dit deur ’n goeie haarstileerder laat doen.

Hiér is ’n paar wenke om die mom-bob te vermy:

1. Die voorste punte van jou hare moet effe langer as agter wees.

2. Kies ’n bob wat by jou haartipe en -tekstuur pas en stileer dit reg (vra jou haarstileerder vir raad).

3. Moenie jou borsel inwaarts na jou gesig toe draai wanneer jy jou hare droogblaas nie.

Stileer jou korter hare op een van dié maniere:

Strandstyl-golwe

Maak gebruik van ’n krultang en krul jou hare. Neem dun gedeeltes en krul dit op so ’n wyse dat die krulle weg van die gesig af gevorm word. Daarna kan jy die krulle deurmekaar krap om ’n strand-tekstuur te skep. Gebruik haarsproei sodat die styl deur die dag mooi hou.

A post shared by Lucy Hale (@lucyhale) on

Glad en sjiek

Maak van ’n haaryster gebruik om jou hare glad uit te stryk. Verdeel jou hare in kleiner gedeeltes sodat jy minder kere met die haaryster oor die haarseksie hoef te beweeg.

A post shared by Lucy Hale (@lucyhale) on