Lente is om die draai én dit gee jou die perfekte verskoning om ’n nuwe haarstyl te probeer. 

Hoe klink pienk- en roosgoud hare vir jou? Dit lyk of hierdie kleure opnuut herlewing beleef. Roosgoue- en pienk hare is ’n reuse-Instagram-trend. ’n Kombinasie van blond en pienk skep die voorkoms. Hierdie is ’n meer gewaagde haarkleur, maar ons dink dis perfek vir die komende lente.

Roosgoud is tans supergewild in die skoonheidswêreld. Van hare en naels tot parfuum – jy kan nou meer as jouself in dié mooi skakering tooi.

Dis veral mooi as dit subtiel is. Daar is ’n wye verskeidenheid skakerings beskikbaar wat by verskillende velondertone pas.

Die Binnelanders-aktrise Pascal Pienaar het onlangs haar hare roosgoud gekleur.

"Ek is mal oor my pienk hare. Ek voel soos myself - bietjie rebels, bietjie laf, bietjie kunstig," het Pascal aan SARIE.com gesê. Vir vyf jaar moes Pascal haar lokke blond hou vir die rol van Karli du Preez in Binnelanders. "Nou is ek op my sabatical en doen ’n bietjie wat ek wil. Dit is wel moeilik om te onderhou."

Volgens Pascal hou die kleur ’n paar weke. "Maar Gary Rom doen wonderlike werk om my hare gesond te hou en sal die kleur opkikker as dit verdwyn."

Kyk net hoe mooi lyk haar hare …

FOTO Instagram/ Pascal Pienaar
FOTO Zonneblom Photography
FOTO Instagram/ Pascal Pienaar

Talle bekendes met pienk- en roosgoud hare:

FOTO: Instagram/@kyliejenner
FOTO: Instagram/@ellefanning
FOTO: Instagram/@bellahadid
FOTO: Getty

Kleur jou hare pienk tuis met dié semi-permanente haarkleursels:

1. Renew Perfect Colour Semi-Permanent Hair Colour in Pink Passion (R100)

2. Schwarzkopf Live Ultra Brights or Pastel Semi-Permanent Hair Color in Purple Punk (R95)

3. Crazy Color Semi-Permanent Hair Colour in Candy Floss (R110). By uitsoeksalonne of besoek www.hairhousewarehouse.co.za

Probeer die produkte:

1. Inoar Daymoist Duo Kit (R500). By uitsoeksalonne of aanlyn by www.inoar.co.za

2. TRESemmé Shampoo Colour Revitalise (R70)

3. Garnier Ultimate Blends Shampoo The Colour Illuminator (R40)

 

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady Emblem, INOAR, Isa Carstens Akademie, Kalahari en kykNET.