Prinses Beatrice, die oudste dogter van prins Andrew en sy eksvrou, Sarah Ferguson, word nes haar ma, aan haar rooihare geken. Sy en sus Eugenie is al erg gekritiseer vir hul eienaardige hoedskeppings by geleenthede. Maar dié keer het prinses Beatrice nie die pot mis gesit nie.

Sy het onlangs op haar ma se Youtube-kanaal met baie ligter hare verskyn. In die video lees sy ’n kinderboek, haar ma se inisiatief om kinders tydens inperking besig te hou. Haar hare is nou aarbeiblond en dit pas haar goed. 

Kyk net hier:

FOTO Skermgreep

Prinses Beatrice moes haar troue aan die Italiaanse magnaat Edoardo Mapelli Mozzi wat einde Mei-maand sou plaasvind, uitstel weens die pandemie.

FOTO Instagram / The Royal Family

Is jy dalk lus om jou hare ligter te kleur? Lees hier om seker te maak jy kies die regte skakering vir jóú.

Bronne: www.nowtolove.com.au, www.newsbreak.com