Die winter kan sy tol op jou hare eis. Die koue, droë lug en stormagtige weer kan tot haarkoeke, gesplete punte en hare wat maklik breek lei. En nes jou vel, is jou kopvel ook geneig om uit te droog. ’n Droë kopvel kan skilfers en jeukerigheid tot gevolg hê. Jou hare en kopvel het nou ekstra bevogtiging nodig. Hiér’s raad:

1. Gebruik ’n produk wat olie bevat

’n Bevogtigende haarproduk wat olie bevat is veral geskik vir diegene wat krulhare het. Hare met ’n golwende tekstuur is geneig om van nature meer droog en bros te wees. Dié haartekstuur benodig dus bevogtiging wat langer neem om deur hare geabsorbeer te word.

2. Gebruik weekliks ’n voedende haarmasker

’n Ryker haarmasker doen wonders om verlore vog terug in jou hare te sit.  Wend een keer ’n week aan jou hare en masseer liggies. Los dit vir 10 minute in en spoel af.

3. Beperk die gebruik van hitte om jou hare te stileer

Oortollige hitte op jou hare veroorsaak gesplete punte. Probeer haarstyle wat minimale hitte benodig soos vlegsels, bollas en poniesterte.

4. Moenie elke dag jou hare was nie

“Probeer om growwe hare nie elke dag te was nie. Hare word dan minder gereeld van vog gestroop en dit gee jou hare se natuurlike olies kans om haarlengtes te voed,” sê Karen Botha, bemarkingsbestuurder van die Brasiliaanse haarsorgreeks Inoar.

5. Bevog hare oornag met behulp van ’n olie of serum

Olies en serums wat omega-vetsure bevat is perfek vir die bevogtiging van jou hare. Deur die olie of serum oornag op jou hare te laat, beskerm jy jou hare teen die droë winterslug. 

Probeer dié produkte:

1. Inoar Absolut Daymoist CLR-reeks (vanaf R280)

2. Celltone Advanced Hair Treatment (R200)

3. OGX Nourishing Coconut Milk Serum (R170)

4. Carol's Daughter Leave-in Conditioner Black Vanilla (R209)

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AcademyKalahari en kykNET.

SARIE Voorbladgesig 2018