Dertig jaar gelede het die Amerikaanse aktrise Robin Wright met haar lang lokke in die fliek The Princess Bride verskyn. Haar karakter Buttercup sou later, nes die fliek, ikonies word. Op 51 skitter Robin se ster steeds. Sy speel tans in die Netflix-treffer House of Cards en het vanjaar in die lokettreffer Wonder Woman gespeel.

Hierdie week het sy op die laatnag-geselsprogram Jimmy Kimmel Live! verskyn. Sy is besig om haar nuutste fliek Blade Runner 2049 te bemark. Maar dit was Robin se nuwe hare wat die kollig gesteel het. Sy het ongelooflik met haar lob en sexy kuif gelyk!

SKERMGREEP YouTube
SKERMGREEP YouTube
SKERMGREEP YouTube
SKERMGREEP Youtube

Ons dink sy lyk fantasties!

Kyk die insetsel van Jimmy Kimmel Live! hier: