Gister is nog ’n rooi tapyt uitgerol - dié van die jaarlikse SAG-toekennings - en soos altyd het die sterre nie teleurgestel met hul voorkoms nie. 

Ook wat hul haarstyle betref. Dit was eenvoudig en treffend, maar dis duidelik dat hul glansende lokke ook supergesond is.

Kyk net hier:

Mandy Moore

LOS ANGELES, CA - JANUARY 27: Catherine Zeta-Jone
FOTO Getty Images / Gallo Images

Alison Brie

LOS ANGELES, CALIFORNIA - JANUARY 27: Rumer Willis
FOTO Getty Images / Gallo Images

Catherine Zeta-Jones

LOS ANGELES, CA - JANUARY 27: Catherine Zeta-Jone
FOTO Getty Images / Gallo Images

Rumer Willis

FOTO Getty Images / Gallo Images

Margot Robbie

LOS ANGELES, CA - JANUARY 27: Catherine Zeta-Jone
FOTO Getty Images / Gallo Images

Emily Blunt

LOS ANGELES, CALIFORNIA - JANUARY 27: Rumer Willis
FOTO Getty Images / Gallo Images

Haarolie is vandag een van die gewildste skoonheidsprodukte om jou hare bevog en gesond te hou. Dit bevat natuurlike olies ryk aan omega 3- en omega 6-vetsure wat jou hare se natuurlike lipiedlaag beskerm en help gesond hou. ’n Droë olie absorbeer vinnig en gee só jou hare ’n ligte glans sonder dat dit vetterig voel of te veel blink.

Het jy geweet?

Jou hare se lipiedlaag bestaan uit water en vette. Dit vorm ’n dun lagie rondom jou hare om sodoende jou hare te beskerm en bevog te hou.

Dis baie moeilik om hitte te vermy wanneer jy jou hare eksieperfeksie vir ’n geleentheid wil laat lyk. Maar daar ís maniere waarop jy voorsorg én nasorg kan tref om jou hare te beskerm wanneer jy dit so stileer.

Beskerm jou hare só:

1. Wend ’n hittebeskermingsproduk op jou klam hare aan. 

2. Gebruik ’n groot, ronde borsel om jou hare reguit uit te blaas, of stryk jou hare met ’n haaryster as jy dit meer reguit wil hê.

3. Rond jou styl af met ’n haarolie of glansserum wat jy op jou hande smeer en met jou vingerpunte in jou hare aanwend.

4. Stileer jou hare in ’n opstyl of los.

Probeer olies met die volgende sterbestanddele:

Argan-olie: Danksy hope omega 3-vetsure en vitamien E bied argan-olie intense bevogtiging, beskerming en glans vir jou hare.

Baobab-olie: Dit is ryk aan omega 3-, 6-, en 9-vetsure. Die olie bevat vitamien A, C, D, E en K en behandel beskadigde hare op ’n natuurlike en volhoubare wyse.

Klapperolie: Dis ’n uitstekende bevogtiger vir jou hare.

Probeer dié produkte:

INOAR Kálice Multi-Purpose Premium Oil (R780 vir 100 ml)

Glam Palm Absolute Styling Hair Essence Oil (R600). Beskikbaar aanlyn by www.glampalmhair.com 

L'Oréal Elvive Extraordinary Oil (R151)

Bron: www.farbotanicals.com