BEVERLY HILLS, CA - NOVEMBER 12: Sandra Bullock a
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Die aktrise Sandra Bullock is beslis nie bang vir verandering nie! Haar nuwe bob is ’n bewys daarvan. Sy het eers haar kenmerkende lang, golwende hare afgesny in ’n lob (of lang bob) en toe in ’n korter bob. “Ek voel asof my hare my gehelp het om weg te kruip. Ek kruip agter my hare weg,” het Sandra in ’n onderhoud met Today.com gesê.

BEVERLY HILLS, CA - NOVEMBER 12: Sandra Bullock a
FOTO: Getty Images / Gallo Images
BEVERLY HILLS, CA - NOVEMBER 12: Sandra Bullock a
FOTO: Getty Images / Gallo Images
BEVERLY HILLS, CA - NOVEMBER 12: Sandra Bullock a
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Die 54-jarige Sandra se nuwe haarstyl pas haar perfek. Boonop is dit ’n veelsydige styl wat maklik gestileer kan word. Sy wys hoe jy bo vyftig steeds ’n moderne, jeugdige haarsnit kan dra wat nie net by jou ouderdom pas nie, maar ook modieus, elegant en stylvol lyk.

BEVERLY HILLS, CA - NOVEMBER 12: Sandra Bullock a
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Probeer een van dié haarsnitte:

1. Langer pixie-snit

’n Pixie-snit met hare wat effens langer bo-op jou kop en by jou ore is, kan jy op meer as een manier stileer en lyk elegant. Die geheim is om die snit nie te stringerig te laat lyk nie.

Ster-inspirasie: Sharon Stone

FOTO: Getty Images / Gallo Images

2. Bob met lae 

Die bob is steeds ’n baie gewilde snit omdat dit by alle ouderdomme en haartipes pas. ’n Bob met lagies lyk sjiek en modern en werk veral goed as jy fyner hare het. Vir ’n meer langwerpige gesigvorm, vra jou haarstileerder om jou hare kenlengte te sny, of effens langer as jy ’n ronder gesigvorm het.

Ster-inspirasie: Cate Blanchett

FOTO: Getty Images / Gallo Images

3. Asimmetriese bob

Dié haarsnit is meer waaghalsig as jy ouer is, maar daar is geen rede waarom jy dit nie kan dra nie. Laat sny jou hare kort agter, maar hou die hare rondom jou gesig langer. Die oneweredige lengte gee die haarstyl ’n vars, moderne voorkoms.

Ster-inspirasie: Kris Jenner

FOTO: Getty Images / Gallo Images

4. Golwende bob met kuif

’n Kuif skep die illusie van meer volume by jou haarwortels en kroon.

Ster-inspirasie: Halle Berry

FOTO: Getty Images / Gallo Images

5. Golwende lob

As jy dikker hare het, gee ’n langer bob wat in golwende lae gesny is, jou hare hope tekstuur.

Ster-inspirasie: Jennifer Lopez

FOTO: Instagram/@jlo

6. Stompgesnyde lob

As jy van nature baie reguit hare het, is ’n lob met effens stompgesnyde punte in die kol. Steek jou hare agter jou ore in om die styl effens asimmetries te laat lyk en jou voorkoms ’n moderne kinkel te gee.

Ster-inspirasie: Sandra Bullock

NEW YORK, NY - OCTOBER 26: Sandra Bullock is seen
FOTO: Getty Images / Gallo Images

7. Net onder skouerlengte

Hare wat net onder jou skouers gesny is, lyk altyd stylvol en is boonop veelsydig en maklik om te stileer.

Ster-inspirasie: Julianne Moore

FOTO: Getty Images / Gallo Images

8. Lang hare met lagies

Die geheim om lang hare te dra wanneer jy ouer is, is om die hare rondom jou gesig in lae te sny. Dit raam jou gesig en die tekstuur wat dit skep, gee definisie aan jou haarstyl.

Ster-inspirasie: Jennifer Aniston

LOS ANGELES, CA - OCTOBER 22: Jennifer Aniston at
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Bronne: www.today.com, www.popsugar.com