Elkeen se daaglikse haarroetine verskil. Só ook die skade wat jy jou hare aandoen. Die BC Fibre Clinix-behandeling van Schwarzkopf Professional bestaan uit twee basismengsels – een vir fyn en een vir growwer hare – wat die haarstruktuur van binne aanvul en versterk.

Suanné Mulder, SARIE se skoonheidskrywer, het die haarbehandeling en haarprodukte op die proef gestel.

By die basismengsel word ’n kombinasie van twee aktiewe konsentrate gevoeg om jóú unieke haarbehoeftes te behandel. Omdat my hare gekleur is en ek dit daagliks met hitte stileer, is die basismengsel vir fyn hare met die pH 4.5 Color- en Hyaluronic Moisture Booster-konsentrate gemeng om my hare weer glans te gee en intens te bevog.

My hare is gewas en daarna is die mengsel in my hare ingemasseer en ná 10 minute uitgespoel. My hare was beslis sagter en meer glansend ná die tyd – my vingers kon weer maklik deurgly sonder dat dit vashaak.

Vanaf R380 by uitsoeksalonne

Vir fyn hare! Spuit Schwarzkopf Professional BC Bonacure Hyaluronic Moisture Kick Spray Conditioner (R332) in klam hare vir ekstra vog. By uitsoeksalonne