Ons almal se daaglikse haarroetine verskil. Só ook die skade wat jy jou hare aandoen. Die nuwe BC Fibre Clinix-behandeling van Schwarzkopf Professional bestaan uit twee basismengsels – een vir fyn en growwer hare onderskeidelik – wat die haarstruktuur van binne aanvul en versterk.

SARIE-skoonheidskrywer Suanné Mulder het die nuwe BC Fibre Clinix-behandeling van Schwarzkopf Professional getoets.

SARIE Skoonheidskrywer, Suanné Mulder

By dié mengsel word ’n kombinasie van twee aktiewe konsentrate gevoeg om jóú unieke haarbehoeftes te behandel. Omdat my hare gekleur is en ek dit daagliks met hitte stileer, is die basismengsel vir fyn hare met die pH 4.5 Color- en Hyaluronic Moisture Booster-konsentrate gemeng om my hare weer glans te gee en intens te bevog.

My hare is gewas en daarna is die mengsel in my hare ingemasseer en ná sowat 10 minute uitgespoel. My hare was beslis sagter en meer glansend ná die behandeling. My vingers kon sommer maklik deur my hare gly sonder dat dit vashaak.

Prys: R360-R550 afhangend van die lengte van jou hare. By uitsoeksalonne.