Alberton se go-getter en Mej. SA se logistieke bestuurder, Schané Venter, is verlede jaar as SARIE se 11de Voorbladgesigwenner aangewys. Wie kan haar treffende voorblad vergeet? Met haar balayage-haarvoorkoms wat lyk asof haar hare in goud gedoop is, het sy beslis die kollig gesteel.

Schané het nou die goue aksente gegroet en rooi met ope arms verwelkom. En hoe het sy op die gewaagde kleur besluit? “Dit het alles begin met ’n foto wat ek op my verjaardag op sosiale media gedeel het. Toe bel Werner my en vra of ek ooit oorweeg het om my hare rooi te maak, want daardie foto het my hare so rooierige skynsel gegooi. En ek sê toe wel, nee, maar ek is so game vir change.”

FOTO Instagram / Schané Venter

Schané se haarstilis, Jako van Niekerk, het dié groot verandering in twee fases gedoen. Hy het eerstens haar hare roesbruin gekleur sodat sy kon seker maak of sy wel van die warmer skakering hou en daaraan gewoond kon raak.

FOTO Instagram / Schané Venter

“En toe besluit ons om all out te gaan. Dit is winter en rooi is so ’n warm kleur. Jako besluit toe om die kleur meer intens te maak, want hoe ryker die rooi/koper, hoe meer staan my groen oë uit. Die kleur komplementeer ook my olyfkleur vel, verbasend laat dit die donker kringe om my oë ligter lyk en dit bring my sproete uit.”

View this post on Instagram

Gelukkige Vadersdag dad ♥? . . Ek is SO LIEF vir pa ? . . #FathersDay

A post shared by s c h a n e´ ?? (@schaneventer) on

Kyk net hoe mooi lyk dié bekendes ook met rooi hare:

Amalia Uys

FOTO Instagram / Amalia Uys

Anel Alexander

FOTO Instagram / Anel Alexander

Daniëlla van Heerden

FOTO Instagram / Daniëlla van Heerden

Corné Crous

FOTO Instagram / Corné Crous

Bertha le Roux-Wahl

FOTO Instagram / Bertha le Roux-Wahl