Al gehoor van slangvel-hare? Dis die nuutste haargier wat op sosiale media gons. So hoe werk dit? Is daar egte slangvel by betrokke? Hoe vorm die motief deel van jou hare? Daar is so baie vrae! En die belangrikste een: Uhm, hoekom?!

Die SARIE-skoonheidspan het gaan ondersoek instel en ons was glad nie verbaas toe ons ontdek dat die kuberruim-koningin Kim Kardashian die voorloper van dié vreemde trend is nie. Boonop is daar ’n slangvel-motief op beide haar naels en uitrusting.

View this post on Instagram

??

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Daar is twee verskillende diervel-patrone waarmee haar hare versier is. Die bekende haarstilis Chris Appleton het op Instagram ’n video gedeel waar hy wys hoe hy met behulp van spuitverf een van dié haarvoorkomste geskep het.

FOTO Instagram / Kim Kardashian

Kyk net hier (klik op die pyltjie regs):

Nóg haartendense ...

“E-girl”-hare:

Dié tendens onder die jongklomp vat ons meteens terug na die 90’s. Twee slierte wat jou gesig raam word ’n ander uitspattige kleur gekleur as die res van jou hare. Die jeug spog veral met die haarvoorkoms op TikTok, en party is self dapper genoeg om die kleurproses ook af te neem.

FOTO Instagram / Sydney L Cruz
FOTO Instagram / Cake Faced Cutie

Kwarantyn-hare:

Aangesien ons verplig is om so min as moontlik die huis te verlaat, het ons ewe skielik die behoefte om kreatief te wees en te eksperimenteer. Kapsels in verskillende pienk skakerings is orals aanlyn te sien. Volgens Refinery 29 vlieg boksies haarkleursel in skakerings van pienk van die winkelrakke af.

FOTO Instagram / Sarah Michelle Gellar
FOTO Instagram / Jennifer Love Hewitt
FOTO Instagram / Keke Palmer
FOTO Instagram / Dua Lipa

Bronne: www.allure.com, www.refinery29.com, www.allthingshair.com