Die Kersversierings word stadig maar seker in die winkelsentrums opgehang en dit beteken net een ding, die jaar lê op sy rug. Daarmee saam maak ons gereed vir die somer en 2021. En wat is dan nou meer gepas as ’n nuwe haarstyl om dít te verwelkom? Koebaai, 2020!

Haarstyle wat weer in lae gesny word, keer nou terug. “Daar is weer ’n aanvraag na hare wat in lae gesny word. ’n Skouerlengte haarstyl met face framing en ’n ligte balayage werk goed saam,” sê David Bekker, senior haarstilis by die Tosca Salon in Stellenbosch. 

Hare met lae het al voor die nuwe millennium kop uitgesteek. Wie kan dan nou die gewilde “Rachel”-styl vergeet? Jennifer Aniston het die kollig in die jare negentig gesteel met die skouerlengte haarstyl wat in parmantige lae gesny is. Alle oë was op dié ster van die TV-komedie Friends. Vroue het by hul haarsalon ingewalts en spesifiek vir die “Rachel” gevra, die naam van haar Friends-karakter. 

FOTO Instagram / Hair by Bell
FOTO Instagram / Mayko Hair

Kyk jy na dié bogenoemde foto’s, lyk dit outyds. Maar nou is die styl aangepas vir ’n meer moderne voorkoms met die lae wat meer subtiel en effe onmerkbaar is. Dis sjiek en skep meteens volume, diepte en dimensie. Boonop skep dit wonderlike tekstuur en laat jou hare dikker en gesonder lyk. 

Lae werk veral goed as jy fyner hare het om meer volume te skep. Dit kikker jou haarstyl op en skep pragtige beweging. 

Die geheim lê in stilering. Of jy jou hare uitblaas of krul, lae sal vir die mooiste voorkoms sorg. 

FOTO Instagram / Hailey Bieber

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, is bekend daarvoor dat sy altyd op subtiele wyse haar haredos nuwe lewe gee. Nadat die ergste regulasies van inperking in Engeland gelig is en die koninklike egpaar weer stelselmatig met liefdadigheidswerk in die openbaar gesien is, het Kate se haarstyl beslis opnuut weer aandag getrek.

Nie net is haar pragtige kastaiingbruin lokke met ligstrepe verhelder nie, maar óók in lae gesny.

Kyk net hier:

FOTO Instagram / Kensington Royal
FOTO Instagram / Kensington Royal
 

Selfs die voormalige hertogin van Sussex, Meghan Markle, het tydens ’n onlangse virtuele praatjie haar lang lokke met lae wat haar gesig en kakebeen mooi raam, gewys.

Selena Gomez het in Maart-maand met trots die “Rachel” gedra:

Haarinspirasie

FOTO Instagram / Olivia Culpo
FOTO Instagram / Mèche Salon LA
FOTO Instagram / Kroma Salon
FOTO Instagram / Erica Cornerly
FOTO Instagram / Tessa Candelaria
FOTO Instagram / New York Hair by Yureesh

Bronne: www.refinery29.com, www.allure.com