Suidooster se Carmen, Desiré Gardner, pronk op SARIE se April-voorblad. Dié uitgawe is nou te koop!

Desiré lyk treffend in ’n rooi top van Guillotine by Lisa Jaffe en bonkige halssnoere van Wizards Vintage. Maar dis nie net die aktrise se uitrusting nie, maar ook haar blonde, effens deurmekaar gestileerde lokke wat jou twee keer laat kyk.

FOTO Leana Clunies-Ross

Desiré se smeulende voorkoms is te danke aan die Johannesburgse haarstilis en grimeerkunstenaar Alex Botha se knap handewerk. Die SARIE-skoonheidspan het Alex gevra hoe om die haarvoorkoms te skep.

Só skep jy dit:

1. Berei jou hare met haarpoeier voor. Wend die produk net op jou haarwortels aan.

2. Verdeel jou hare in kleiner gedeeltes en krul dit met ’n krultang. Krul so van die middel van jou hare af ondertoe, maar nie tot op die punte nie. Die punte bly reguit.

3. Skud die krulle effens deurmekaar.

4. As jy ’n kuif het, blaas dit mooi uit in die rigting wat jy dit verkies.

5. Wend so bietjie serum aan om opstaanhaartjies glad te maak.

WENK

Vir meer volume, gooi jou hare na die kant toe wat jy dit gewoonlik nie dra nie.

Probeer dié produkte:

1. Osis+ Schwarzkopf Professional Mattifying Volume Powder Dust It Light Control (R289). Beskikbaar by uitsoeksalonne of aanlyn by www.retailbox.co.za  

2. Gary Rom Absolute Discipline Leave-in Conditioner (R350). Beskikbaar by Gary Rom-salonne of aanlyn by www.garyromhaircare.co.za 

Kry jou April-uitgawe van SARIE vir nóg inspirasie - nou te koop! 

SARIE se April-uitgawe