’n Bob- of lob-haarstyl is die afgelope drie jaar hoogmode en talle van ons het al gespog met dié veelsydige haarsnit wat almal pas. Maar hoe gemaak as jy weer lus is om jou hare te laat uitgroei? Ons het ’n slim oplossing ontdek …

Die Amerikaanse aktrise Nina Dobrev, bekend vir haar rol in die TV-reeks The Vampire Diaries, het onlangs haar hare in ’n shag-haarstyl laat sny. En volgens haar haarstileerder is dié gemaklike haarsnit, wat veral in die 70’s gewild was, die perfekte keuse as jy jou hare weer wil laat groei, berig Allure aanlyn.

Wanneer jy ’n bob-haarstyl laat uitgroei, is jou hare veral aan die begin geneig om pofferig te lyk by jou kroon. ’n Shag-haarstyl behels dat jou hare in baie lae gesny word, veral rondom jou gesig. Dít help dat jou hare meer vloeiend en sagter lyk en dat dit nie so opmerklik is dat jou hare uit jou vorige styl groei nie. Boonop is die shag gepas vir enige haartekstuur en is dit min moeite om te onderhou.

Dié bekendes se verskillende shag-haarsnitte inspireer ons:

Alexa Chung

Portia de Rossi

#hair #fresh #cut #love #layers #shag

A post shared by C H R I S M C M I L L A N (@mrchrismcmillan) on

Lily Collins

Friday night lights — and stripes...

A post shared by Lily Collins (@lilyjcollins) on

Kristen Stewart

Onthou!

Die geheim vir hare wat vinnig en mooi uitgroei, is om dit gesond en gevoed te hou. Belê gerus in ’n goeie haarmasker. ’n Voedende masker een of selfs twee keer per week kan wondere vir jou hare doen.