SARIE se Voorbladgesig 2018 is pas aangekondig. Die 35-jarige kunsonderwyseres van Centurion Emari Gieselbach is ons 10de wenner en verskyn op ons Oktober-voorblad!

SARIE se Oktober-voorblad

Ons is gaande oor Emari se kort, blonde hare. Sy straal op die voorblad en wys net weer hoe mooi vroue met kort hare kan lyk. Sy vertel sy laat haar hare elke paar jaar lank groei en sny dit dan weer. “Ek is gaande oor elke fase van die groeiproses en die voorkomste wat met elkeen gepaardgaan,” sê Emari. Maar met haar kort hare kry sy beslis meer komplimente!

Hoe het sy haar voorblad-voorkoms gekry?

Ter voorbereiding het INOAR ’n nuwe salon-kleurtint is gebruik om haar blonde skakering te verbeter en die geelheid te verwyder. Daarna is haar hare met die Daymoist-masker behandel vir ekstra vog.

Tyron Sweeney, wat haar hare vir die fotosessie gedoen het, sê hy het 'n ghd-haardroër en -yster ingespan.

"Die pixie-haarstyl is modern en het lekker tekstuur," sê Tyron. Vir nóg meer tekstuur het hy 'n dik haarwaks gebruik. 

FOTO: Instagram/@gieselbachemari
FOTO: Instagram/@gieselbachemari

Voorbladgesig-finalis Lieze Schlechter (46), ’n kantoorbestuurder, drawwer en ma van drie van Melkbosstrand, dra haar hare ook kort. En met haar lenige lyf en treffende gelaatstrekke pas dié haarstyl haar perfek. Sy het dadelik ons aandag getrek uit die duisende inskrywings wat vanjaar ontvang is. Lieze dra haar grys hare met trots en ons is gaande daaroor!

Lieze se grys hare is ook behandel met INOAR se Daymoist-reeks vir sag, bevogte hare en afgerond met hul luukse Kálice-haarolie.

Wil jy ook jou hare kort sny, maar is bang dit lyk nie mooi nie? Die belangrikste ding om in gedagte te hou is jou gesigvorm. Hier's kort haarsnitte wat pas by elke gesigvorm.  

Probeer dié kort haarstyle:

Ovaal

As jy ’n ovaalvormige gesig het, is jou voorkop en kakebeen min of meer ewe breed. Jy’s gelukkig, want die meeste kort haarstyle lyk goed by jou gesigvorm. Vermy egter ’n swaar kuif.

Ster-inspirasie: Katy Perry en Sharon Stone

FOTO: Instagram/@katyperry
FOTO: Getty / Gallo Images

Hartvormig

Jy het hierdie gesigvorm as jou voorkop en wangbene breër is as jou kakebeen. Indien jy jou hare kort wil dra, laat sny ’n kuif wat jou voorkop ’n bietjie wegsteek.

Ster-inspirasie: Rolanda Marais en Desiré Gardner

FOTO: Instagram/@rolandamarais
FOTO: Verskaf

Rond

Ronde gesigte is min of meer net so lank as wat dit breed is. ’n Kort haarstyl met ’n sagte kantkuif verbloem ’n ronde gesigvorm. Fokus die volume bo en nie langs jou ore nie.

Ster-inspirasie: Michelle Williams en Kris Jenner

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Vierkantig

’n Breë voorkop en ’n hoekige kakebeen is kenmerkend van ’n vierkantige gesig. ’n Kort styl met sagte "veertjie"-lae en baie tekstuur pas goed by dié gesigvorm.

Ster-inspirasie: Evan Rachel Wood en Natalie Portman

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Lank

As jou gesig langer is as wat dit breed is, het jy ’n lang gesigvorm. Pixie-haarstyle lyk veral mooi by hierdie gesigvorm. Meer tekstuur en volume aan die kante gee jou gesig effe breedte.

Ster-inspirasie: Nadia Valvekens en Helen Mirren

FOTO: Instagram/@nadiavalvekens
FOTO: Getty / Gallo Images