Februarie-maand het New York se Lente-Modeweek afgeskop. Op die loopplanke was talle modelle se hare in dieselfde haarstyl gestileer ... lae poniesterte was duidelik in die kol! Volgens 'n mediaverklaring van Moroccan Oil kan enigeen die haarstyl probeer - of jy reguit, krullerige óf golwende hare het.

NEW YORK, NY - FEBRUARY 12: A model, fashion deta
FOTO Getty Images / Gallo Images

Bekendes soos Ariana Grande, Gigi Hadid en Jennifer Lopez het die hoë poniestert gewild gemaak, hoewel party aanhangers gespot het oor die erge hoofpyn wat die haarstyl veroorsaak!

FOTO Instagram / Ariana Grande
FOTO Instagram / Gigi Hadid
FOTO Instagram / Jennifer Lopez

Die lae poniestert is by die New Yorkse Modeweek op verskillende wyses gedra. Party modelle se hare is baie los vasgemaak en agter hul ore gesteek. By die Christian Siriano-vertoning is die modelle se poniesterte met fyn silwer kettinkies versier. (Haarstilis Justine Marjan het terloops dié voorkoms as haar gunsteling bestempel.) By Ralph Lauren se vertoning het supermodel Bella Hadid haar poniestert met ’n treffende kantpaadjie gedra. Haar haarstyl is met ekstra glans afgerond. By die Oscar de la Renta-vertoning is die voorkoms met fluweellinte en diamant-versierings opgetooi.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Instagram / Justine Marjan
FOTO Instagram / Justine Marjan
FOTO Instagram / Bella Hadid
NEW YORK, NY - FEBRUARY 12: A model, fashion deta
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - FEBRUARY 12: A model, fashion deta
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die tendens is alreeds op die rooi tapyt óók gewaar. Jennifer Lopez het ’n lae poniestert by die onlangse Grammys gedra. Die aktrise Amy Adams se lae poniestert was by die Baftas met ’n swart strik afgerond. Selfs Ariana Grande het met die bekendstelling van haar nuwe album haar hare in ’n lae poniestert gedra.

LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Jennifer Lopez att
FOTO Getty Images / Gallo Images

LOS ANGELES, CA - FEBRUARY 10: Jennifer Lopez att
FOTO Getty Images / Gallo Images

View this post on Instagram

thank u ....... ?????

A post shared by Ariana Grande (@arianagrande) on

Só dra jy dit:

1. Verdeel jou hare in 'n middel- of kantpaadjie.

2. Kam al jou hare netjies bymekaar en maak dit met 'n haarrekkie versigtig teenaan jou nek vas.

3. Trek die hare effens los om die voorkoms volume en tekstuur te gee.

4. Rond jou voorkoms af met 'n haarsproei vir ekstra glans en om seker te maak jou haarstyl hou lank.

Probeer dié produkte:

Moroccan Oil Luminous Hairspray Strong (R395). Beskikbaar aanlyn by www.retailbox.co.za

Revlon Flex Hairspray Ultra Strong Hold (R53)