Die aktrise Sophie Turner het van haar ikoniese lokke ontslae geraak. Sophie vertolk die rol van Sansa Stark in die fantasiereeks Game of Thrones wat in die fiktiewe kontinente Westeros en Esteros afspeel. Die laaste seisoen van die reeks word vroeg in 2019 uitgesaai.

Sophie het op Instagram 'n foto van haar splinternuwe silwer lob (lang bob) gedeel.

Kykers het Sophie met haar lang bos rooi hare in die TV-reeks leer ken.

A post shared by @todosobrcine on

Aangesien die verfilming van die laaste reeks reeds voltooi is, het baie van die ander sterre ook afskeid van hul karakters geneem by wyse van 'n nuwe haarstyl.

Emilia Clarke, wat die rol van Daenerys Targaryen vertolk, het haar hare verlede maand laat sny en kleur. Sy het nou 'n stompgesnyde platinumblonde bob.

Kit Harington wil glo van sy baard ontslae raak om van sy karakter, Jon Snow, afskeid te neem.