Op Sondag 24 Februarie het die 91ste Oscar-toekennings plaasgevind. Ná maande se gissing is Rami Malek en Olivia Colman onderskeidelik as beste akteur en beste aktrise aangewys. Vir nog wenners klik hier

Op die rooi tapyt het sewe rokke uitgestaan, meen Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur. Klik hier vir haar volledige lys.

En vir die SARIE-skoonheidspan het veral twee kapsels opgeval: albei van aktrises wat met 'n nuwe haarstyl én -kleur gespog het. Ons ken albei as blondines, maar die aand het hulle as brunette op die rooi tapyt verskyn.

Die Britse ster Emilia Clarke, bekend vir haar rol in Game of Thrones, het haar blonde lokke bruin gekleur. Haar karakter in die gewilde HBO-reeks het platinumblonde hare, maar in die regte lewe is sy 'n brunet. 

NEW YORK, NY - MAY 21: Emilia Clarke takes part i
Emilia het verlede jaar haar lokke blond gekleur. FOTO Getty Images / Gallo Images

Sy lyk treffend met haar kort, bruin hare!

HOLLYWOOD, CALIFORNIA - FEBRUARY 24: Emilia Clarke
Emilia Clarke spog met nuwe hare op die rooi tapyt. FOTO Getty Images / Gallo Images
HOLLYWOOD, CA - FEBRUARY 24: Emilia Clarke attend
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die Suid-Afrikaans gebore Oscar-wenner Charlize Theron het ook haar bekende blonde lokke gekleur.

BEVERLY HILLS, CALIFORNIA - JANUARY 06: Charlize T
Vroeër vanjaar by die Golden Globes. FOTO Getty Images / Gallo Images

Sy het met donker hare in 'n sexy, kort bob gespog.

BEVERLY HILLS, CA - FEBRUARY 24: Charlize Theron
Charlize Theron het die koppe laat draai met haar nuwe haredos. FOTO Getty Images / Gallo Images
HOLLYWOOD, CALIFORNIA - FEBRUARY 24: Charlize Ther
FOTO Getty Images / Gallo Images