Emari Gieselbach, ’n kunsonderwyseres van Centurion, het in 2018 op die Oktober-uitgawe gepronk. Sy het op vier verskillende voorblaaie van SARIE verskyn – ’n eerste vir die Voorbladgesig-kompetisie. 

Emari verskyn op 4 verskillende SARIE-voorblaaie
Emari verskyn op 4 verskillende SARIE-voorblaaie
Emari verskyn op 4 verskillende SARIE-voorblaaie
Emari verskyn op 4 verskillende SARIE-voorblaaie

“Ek dink nie enigiemand kan ooit gewoond raak om hulself op ’n voorblad te sien nie. Veral nie viér nie! Dit is steeds onwerklik,” het sy verlede jaar in ’n onderhoud gesê.

Nes baie Suid-Afrikaners het Emari aanvanklik na die kosbare tyd saam met haar man en kinders uitgesien. Na al die bak en brou en die stelselmatige skuif na aanlyn klasse vir haar twee laerskool-dogtertjies, is dit ’n bedrywige en uitdagende tyd. “Dit is net vir my effe sleg, want ek het Graad 1- en Graad 4 dogtertjies en hulle beide mis uit op belangrike fases in hul lewens.”

Emari bly dankbaar, maar is bekommerd oor ons mense en die ekonomie. “Dis baie sleg dat soveel mense hul werke verloor het en dit breek my hart om mense in kilometer lange rye te sien staan vir kos om te eet. Maar ek het van die begin af besluit dat ek nie gaan negatief wees nie. Ek moet sterk wees vir myself en veral my dogtertjies. Hulle verstaan dit nie en ek wil nie ’n onnatuurlike vrees by hulle kweek nie.” 

Emari Gieselbach FOTO Phyllis Green

Haar blonde, pixie-haarstyl het ongetwyfeld baie lesers se aandag getrek. Lesers wou weet hoe sy die kort haarstyl stileer en vir slim raad as jy dalk self daardie sprong wou neem. “Ek is mal oor die korter hare. Ek voel meer gesofistikeerd. Maar dit is baie werk en belangrik dat jy dit gesond hou.”

FOTO Instagram / Emari Gieselbach

Maar nou tydens inperking is dit ’n raaisel om só ’n spesifieke haarstyl mooi te onderhou. Aangesien ons nie weet wanneer ons gunsteling haarsalonne se deure weer gaan oop wees nie, trek veral diegene met kort haarstyle aan die kortste ent.

Hoe gereeld laat jy gewoonlik jou hare sny om die styl mooi te behou?

My hare groei bitter vinnig. Ek moet een keer ’n maand haarkapper toe gaan om die styl te onderhou en kleur op te knap.

Kon jy jou haarkapper besoek net betyds voor inperking?

Ek het die Vrydag voor die grendeltyd gelukkig ’n gatjie by my haarkapper gekry. Sy weet ek sal mal word met hare wat in my nek uitgroei.

Hoe voel dit as jou hare te lank word en jy dit moet stileer vir die dag?

Dis eintlik vreemd, ek het vir jare lang hare gehad, maar vandat ek dit gesny het kan ek nie die hare om my ore en in my nek hanteer nie. Die rede waarom ek my hare gesny het, was juis omdat ek dit altyd in ponies of bollas vasgemaak het om dit uit my gesig uit te hou.

Het jy enige slim wenke om jou hare nou te hanteer en mooi te dra as dit te lank begin word?

Om jou hare agtertoe te blaas en met jel te stilleer, skep ’n vlyende en klassieke voorkoms. Ek het opgemerk dat Charlize Theron dit ook doen as haar hare langer word en omdat ons amper dieselfde vorm gesig het, was ek bly dat dit werk. Anders vleg ek dit langs die kant in. Dit lyk nou nie só stylvol nie, maar dit bly dare, uit die pad uit.

Wat is jou gunsteling haarprodukte om jou hare mee te stileer?

INOAR Kálice Multi-functional Oil (R860 vir 100ml) werk goed vir in die winter wanneer jou hare geneig is om droog te voel. Beskikbaar aanlyn by www.inoar.co.za 

Inoar Absolut Speed Blonde Mask (R520 virr 250ml) help om geelheid in blonde hare te neutraliseer. Emari gebruik die masker so elke 3 dae. Beskikbaar aanlyn by www.inoar.co.za

Skryf nou in!

Lees meer oor hoe om in te skryf hier. Skryf in vir SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig aanlyn by voorbladgesig.sarie.com

SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie