Die meeste van ons pas ons klerestyl maklik van ons werk na ons sosiale lewe aan. Maar hoe gemaak met jou hare? Tyd is 'n faktor, veral as jy direk ná werk vriende ontmoet. 

FOTO: Getty

Prins Harry en sy Meghan het vroeër vandeesweek in Ierland aangekom. Die pragtige hertogin van Sussex het gewys hoe maklik 'n haar-transformasie van dag tot aand gedoen kan word. Met hul aankoms was sy in 'n groen rok van Givenchy geklee met haar hare in 'n netjiese bolla. Later die aand het sy in 'n elegante swart rok van Emilia Wickstead verklee. Haar hare het heeltemal anders gelyk - glad uitgeblaas met sagte golwe. Dit was omtrent 'n haar-transformasie van dag tot aand!

FOTO: Getty

Hier is 'n paar idees om jou haarstyl in 'n kits van dag tot aand te verander:

1. Van netjiese bolla tot sagte golwe

Maak seker jou hare is effens klam voordat jy dit in 'n bolla stileer. Dit sal vir pragtige krulle sorg sodra jy jou bolla vir die aand losmaak. Versag die krulle deur jou vingerpunte liggies deur jou hare te woel. Gebruik dan 'n stileringsproei wat tekstuur gee sodat die krulle behoue bly.

FOTO: Getty

2. Van gestileerde poniestert tot opstyl

Dit is die perfekte oplossing as jy jou hare nie die dag gewas het. Gebruik 'n stileringsproei vir ekstra volume by die haarwortels. Maak dan jou hare in 'n los, effens deurmekaar bolla vas. Maak seker jy het 'n paar knippies byderhand!

3. Gebruik haarbykomstighede

'n Kopband, mooi haarknippies of selfs 'n strik kan jou haarstyl vir die aand ekstra glans gee.

FOTO: Getty
FOTO: Getty