Sy was in 2018 in die Top-10 in SARIE se Voorbladgesigwedstryd. Ons het Lieze Schlechter leer ken met haar kort pixie-haarstyl, onbeskaamd trots op haar grys hare wat wys. Iets wat haar tussen duisende inskrywings laat uitstaan het.

FOTO Leana CR

Nou dra sy haar hare in ’n langer styl. Min vroue sien kans om voor die ouderdom van vyftig hul natuurlike grys hare te wys, om nie eens te praat van dit langer dra nie.

FOTO Verskaf
FOTO Verskaf

Dié kantoorbestuurder, drawwer en ma van drie van Melkbosstrand het ’n paar vrae beantwoord:

Hoekom het jy besluit om jou hare langer te laat groei?

Ek het Februarie verlede jaar laas my hare kort gesny en toe besluit ek wil my hare laat groei. Ek volg baie Europese modelle met grys hare op Instagram en dit was een van die redes hoekom ek my hare langer wou gehad het. Dié vroue is vir my so ’n geweldige inspirasie, hulle lyk stunning met hul grys hare. Ek wou aan myself bewys dat ek ook kan deurdruk en dit doen. 

Hoe voel dit om langer hare te hê?

Ek love die lang hare. Ek het tydens die groeistadium soveel komplimente gekry dat dit my laat sagter lyk, ek dink die grys het nogal gehelp daarvoor. Vir myself voel ek meer gesofistikeerd met die langer hare. 

View this post on Instagram

It always amaze me how God created each and everyone of us. 3 Generations - 3 completely different looks - mother - daughter - granny??

A post shared by Lieze Schlechter (@liezeschlechter) on

Hoe vergelyk die grys haarkleur met langer hare teenoor die korter styl wat jy gedra het?

Die grys is baie meer sigbaar met die langer hare. Ek is mal oor die grys in my hare en dit spoor my aan om my hare nog langer te laat groei. Ek is nog nie 100% seker tot waar ek dit wil laat groei nie. Dit is nie in ’n styl op die oomblik nie, dit groei net! Dis nou skouerlengte, maar ek sal graag langer as dit wil gaan. Ek is gelukkig genoeg dat my grys hare sag en natuurlik is. Ek dink dit beklemtoon my velkleur en my oë. 

Hoe het jy die groeiproses van kort na lank ervaar? 

Vir my was die groeiproses ’n kopbesluit. Ek het gevoel ek was 100% reg, daar was stadiums in my lewe waarin ek my hare langer wou laat groei wat ek dit net nie langer kon uithou as ’n maand of twee nie en dit onmiddellik weer laat kort knip het. Ek is nog nie vir een oomblik spyt dat ek deur hierdie uitgroei-stadiums gegaan het nie. Soms het dit verskriklik woes vir my gelyk, maar ek het maar net deurgedruk. Dit is ’n groot uitdaging om van kort na lank te groei. Een oomblik dink jy jy cope en dan die volgende dag wil die hare nie reg lê nie of dit val verkeerde kant toe. Mens moet net vasbyt en deurdruk en speel met die veranderinge, want elke stadium gaan verby en dit bring kreatiwiteit in jou uit.

Wat is jou moet-hê-produkte om jou kleur en hare mooi te hou?

L’Oréal Paris Botanicals Fresh Care Rose & Geranium Radiance Shampoo (R139). Beskikbaar aanlyn by www.takealot.com

SKRYF IN VIR SARIE VOORBLADGESIG:

Skryf SLEGS aanlyn in by voorbladgesig.sarie.com vanaf 17 April.

SARIE Voorbladgesig word trots geborg deur Isa Carstens Akademie