Verlede jaar is die talentvolle kunsonderwyser van Centurion, Emari Gieselbach, as SARIE se 10de Voorbladgesig-wenner aangewys. Sy het op SARIE se Oktober-voorblad bekoor met haar treffende kort, blonde hare.

Emari is beslis nie bang vir verandering nie. Sy het al vertel sy laat haar hare elke paar jaar langer groei voor sy dit dan weer in ’n kort styl laat sny. Dié keer het sy haar hare egter donker gekleur, die eerste keer dat sy dít probeer. “Vandat ek kan onthou was ek nog altyd blond,” sê sy. Sy vertel dat sy sukkel om die ligte skakering in stand te hou. “Ná my swangerskappe het my hare begin bruin uitgroei.”

Sy het haar hare stelselmatig oor tyd donkerder gekleur. Die eindresultaat is pragtig en komplementeer haar ligte gelaat en blou oë. Sy sê sy sal altyd ’n blondine bly, maar verwelkom die verandering vir die winter.

Kyk net hier:

FOTO Emari Gieselbach
FOTO Emari Gieselbach

Gekleurde hare het spesiale sorg nodig om te voorkom dat die kleur te vinnig vervaag en vaal en onnatuurlik lyk. Tydens die kleurproses kan jou haarkutikels beskadig word, wat kan veroorsaak dat die kleur “uitloop” wanneer jy jou hare was. Gereelde hittestilering en blootstelling aan die son se UV-strale versnel die proses.

Die oplossing? Gebruik ’n sjampoe en opknapper wat spesiaal vir gekleurde hare geformuleer is.

Probeer dié produkte:

1. John Frieda Brilliant Brunette Colour Protecting Moisturising Shampoo en Conditioner (R116 elk)

Spesiaal vir brunette! By Clicks

2. INOAR Argan Oil Shampoo en Conditioner (R315 elk)

Dié sjampoe en opknapper voed jou haarskag en seël die haarkutikel sodat jou hare langer glansend lyk. By uitsoeksalonne of www.inoar.co.za

3. Garnier Ultimate Blends The Colour Illuminator Shampoo en Conditioner (R60 vir 400 ml elk)

Die produkte bevat ’n kragtige mengsel van natuurlike bestanddele vir ’n haarkleur wat helder en vars lyk.