Twee van SARIE se vorige Voorbladgesigwenners het onlangs hul hare geknip en gekleur. En hulle lyk mooier as ooit!

Carlize Earle, SARIE se Voorbladgesigwenner van 2015, het haar hare donker bruin gekleur. Sy het destyds met goue blonde hare op haar wen-voorblad gepronk.

Carlize se wen-voorblad van 2015

Carlize vertel sy is eintlik ’n natuurlike brunet en dat die bruin warmer en sagter vir die koue dae is. “Ek is deesdae lus vir kleur en die donker hare gee my meer opsies vir verskillende lip skakerings en blossers.” Die kleur sal ook makliker wees om te onderhou omdat dit haar natuurlike haarkleur is.

FOTO: Verskaf

Nadia de Wet, ’n boervrou en ma van Standerton in Mpumalanga, was een van die twee Voorbladgesig-wenners van 2017. Sy het kykers geboei met haar donker hare, donker oë en vlekkelose vel.

Nadia se wen-voorblad van 2017

Sy het haar lang hare korter gesny in ’n moderne lang bob (of lob). Volgens haar het sy ná die Voorbladgesig-wedstryd nou meer selfvertroue om byvoorbeeld haar hare in ’n moderne nuwe styl te sny. “Jy het meer selfvertroue om regtig te doen wat vir jou mooi is. Nie wat jy dink vir ander mense mooi is nie. Wanneer ’n vrou uiteindelik die moed het om haar hare te sny, besef sy uiteindelik wie sy werklik is. Sy sny haarself af van alles wat sy was, om alles te wees wat sy is,” sê Nadia.

FOTO: Verskaf

Vanjaar se SARIE Voorbladgesig word moontlik gemaak deur Montblanc, INOAR, kykNET, Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle.