Nie almal hou daarvan om by hul natuurlike haarkleur te bly nie. Die versoeking om ander skakerings of opwindende haargiere op die proef te stel, is eenvoudig net te groot. 

Maar soms is ons nuwe haarkleur ’n skakering te lig of te donker vir ons gelaat. Die verkeerde haarkleur kan jou moeg, uitgewas en vaal laat lyk.

Die geheim is dus om jou velondertoon eers te bepaal voor jy seker kan maak of die gekose haarkleur jou gelaat gaan komplementeer of nie. Moenie vergeet om jou veltoon en oogkleur óók in ag te neem nie!

Om die regte haarkleur vir jóú te kies, gaan hoofsaaklik oor om die mees vleiende skakering vir jou velondertoon en oë te kies, berig ’n aanlyn artikel van The Daily Mail.

Lig vs. donker:

Almal kan dus lig én donker dra, die geheim is om die regte skakering van lig of donker vir jóú velondertoon te kies.

Kyk net hier:

FOTO Instagram / Lucy Hale
FOTO Instagram / Charlize Theron
FOTO Instagram / Kim Kardashian
FOTO Instagram / Leighton Meester

Ons help jou kies:

Wat is die verskil tussen jou veltoon en velondertoon?

  • Jou veltoon verwys na hoe lig of hoe donker jou vel is.
  • Jou velondertoon verwys na die algehele skakering wat onder die oppervlak van jou vel sigbaar is.

Daar is verskillende tipes velondertone ...

Jou velondertoon lê gewoonlik op ’n spektrum tussen koel, neutraal en warm. 

  • Warm (skakerings van goud, geel en perske)
  • Koel (skakerings van pienk, blou en rooi)
  • Neutraal (’n kombinasie van die bogenoemde skakerings)
FOTO Instagram / Mara Roszak
FOTO Instagram / Jessica Alba
FOTO Instagram / Joan Smalls

Bronne: www.byrdie.com, www.dailymail.co.uk, www.cosmopolitan.com