Die 16 Dae van Aktivisme-veldtog het vanjaar die 25ste November afgeskop en duur tot en met die 10de Desember. Dis ’n veldtog wat wêreldwyd stelling neem teen geweld teenoor vroue. Só word bewustheid geskep oor die negatiewe impak wat geweld op beide vroue en kinders het. 

In Suid-Afrika is geweld teenoor vroue en kinders die hoogste ter wêreld, bevestig UNICEF in ’n onlangse mediaverklaring. Daar is verskeie redes waarom geweld teenoor vroue en kinders so prominent in SA is. In party kulture word vrouens as minderwaardig geag en hul status word ondermyn. Die Parlement van Suid-Afrika se webtuiste verduidelik dat dit gebeur wanneer mans hul mag en outoriteit misbruik vir hulle eie voordeel. 

Wat is geweld teenoor vroue en kinders?

Dis wanneer iemand se gedrag die volgende bewerkstellig:

  • Vrees
  • Liggaamlike skade
  • Jou forseer om goed teen jou wil te doen
View this post on Instagram

Does this look good to you ??????? #violanceagainstwomen We need to stop this !! Let’s start by making a change ?? #makeachange #genderbasedviolence #crimestats #womensequality #stopkillingwomen #southafrica

A post shared by Fighting Gender Based Violence (@fightinggenderbasedviolence) on

Dís wat jy nou kan doen

Ter ondersteuning van die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog het die velsorghuis Dermalogica kragte saam met die Pinky Promise-inisiatief gesnoer. Dié inisiatief moedig Suid-Afrikaners aan om een van jou pinkies swart te verf ter ondersteuning van al die werk wat gedoen word om geweld teen vroue en kinders te verminder. Só samel hulle geld in en skep hulle bewusmaking wat simbolies wys dat iets wat klein is, óók magtig kan word.

Dermalogica het spesiaal 'n nuwe velsorgbehandeling ontwikkel ter ondersteuning van die Pinky Promise-inisiatief. Die Lift + Glow-behandeling (R250) laat jou vel ferm en glansend. 10% van die koste van die behandeling word aan Pinky Promise geskenk.


Het jy geweet?

Die stigter van die velsorghuis Dermalogica, Jane Wurwand, is bekend vir haar passie vir velsorg en opleiding. In 2010 het die velsorghuis die FITE-inisiatief (Financial Independence Through Education) geloods waardeur hulle vroue regoor die wêreld oplei en toerus met die nodige kennis en vaardighede om in die velsorgbedryf te kan werk. Só word vroue bemagtig en kan hulle finansieël onafhanklik wees.