#2 Gevlerkte oë

FOTO Instagram / Sophia Loren Foto

TOE

Swart oogomlyner was die topverkoper-grimeerproduk in die 1950’s en 1960’s. In dié era was grimering elegant en afgerond met ’n sterk fokus op die oë. Daar is voorwaar geen beter manier om die aandag onmiddellik op die oë te vestig as met dramatiese gevlerkte oogomlyner nie.

Aktrises soos Brigitte Bardot en Sophia Loren het dié oogomlyner-tegniek gebruik om ’n sexy “kom hier”-voorkoms te skep. Dit raam jou oë, laat hulle groter lyk en kan selfs gebruik word om die oogvorm te beklemtoon of te verander.

NOU

FOTO Instagram / Pat McGrath

’n Elegante katoog-voorkoms bly klassiek en duik jaar ná jaar op die modeloopplanke op. Die geheim van gevlerkte oogomlyner is dat die lyntjie dun in die binnehoeke van jou oë moet wees en geleidelik dikker loop na buite om die vorm van jou oog te beklemtoon.

’n Vloeibare oogomlyner met ’n dun, skerp punt werk die beste om ’n “vlerkie” te skep, sê Shirley Molatlhegi, vryskut-grimeerkunstenaar van Johannesburg wat onder meer met die produkte van die skoonheidshuis L'Oréal Paris werk.

“As jy haastig is of nie tyd het om vooraf te oefen nie, plak ’n stukkie kleeflint in lyn met jou onderste waterlyn aan die buitehoek van jou oog en gebruik dit as ’n gids om ’n perfekte lyntjie te trek.”

WENK

Pasop om die lyntjie te dik te trek as jy ’n hooded oogvorm het (jy het dié oogvorm as jou ooglede nie mooi sigbaar is wanneer jou oë oop is nie), waarsku Shirley, aangesien dit jou oë kleiner kan laat lyk.

Probeer dié produkte:

1. Met die vloeibare formule en ekstraskerp punt van Black|Up Matte Waterproof Liquid Eyeliner in ELM01 (R365) kan jy in ’n kits ’n gedefinieerde katoog skep. By uitsoektakke van Edgars Beauty

2. Die pen-verpakking van Revolution Makeup Renaissance Flick Intense Longwear Black Felt Eyeliner (R135) hou maklik vas sodat jy ’n presiese lyntjie kan trek. By Clicks

3. Vir ’n meer subtiele gevlerkte voorkoms, probeer ’n oogomlyner-potlood soos GOSH Metal Eyes Eyeliner in Hematite (R111). By Edgars Beauty, Truworths en Foschini