#5 Volume vir hare

FOTO Getty Images / Gallo Images. Marilyn Monroe se glansryke krulle.

TOE 

Dink jy terug aan die ikoniese haarstyle van die afgelope sewe dekades, het die meeste een ding gemeen: hope volume! In die jare vyftig het vroue glansryke bouffant- en beehive-style (waar die hare by die kroon gepluiskam is vir hoogte) verkies as ’n simbool van vroulikheid.

In die 1970’s het gesonde, dik hare geblink onder die diskoligte soos wat menige vrou aktrise Farrah Fawcett se groot, los krulle nagemaak het. In die jare tagtig het die perm geseëvier in navolging van die Britse punk-beweging wat geglo het as dit by hare kom, is groter beter.

En wie kan die “Rachel” vergeet – die skouerlengte-styl met parmantige lae wat in die jare negentig aktrise Jennifer Aniston en die TV-komedie Friends so gewild gemaak het.

Baie vroue strewe na hare met volume omdat dit geassosieer word met jeugdigheid en skoonheid, sê Hendrien Kruger, besturende direkteur van die Brasiliaanse haarsorgreeks INOAR in SA. Plat, lewelose hare laat jou ouer lyk en vestig die aandag op prominente gelaatstrekke, soos ’n groot neus of ken.

FOTO Instagram / Farrah Fawcett Foundation

NOU

Gesonde hare is die alfa en omega. Haarstyle is nie so styf nie en jy werk met jou natuurlike haartekstuur om moeiteloos volume te skep, sê Hendrien.

As jy fyn, reguit hare het, wend ’n stileringsroom op jou klam haarwortels aan en blaas onderstebo losweg droog. Vir growwer, krullerige hare help ’n bevogtigende inbly-room om jou golwe te definieer.

Sukkel jy met kroeserigheid, stel sy ’n keratien-salonbehandeling voor. “Dit werk uitstekend om hare meer hanteerbaar te maak.”

FOTO Instagram / Mara Roszak

Probeer die produkte:

1. Fyn deeltjies in Schwarzkopf Professional BC Collagen Volume Boost Micellar Shampoo (R279) en Whipped Conditioner (R295) “pof” jou hare van binne op sodat dit voller voel en lyk. By uitsoeksalonne

2. Die INOAR Divine Curls Finishing Gel (R280) kan op reguit én krullerige hare gebruik word vir volume en definisie. By uitsoeksalonne of www.inoar.co.za

3. Rond jou styl af met ’n produk wat glans gee en bevog soos OWay Glamshine Cloud Ultra-Shining Spray Oil (R520). By uitsoeksalonne       

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOARIsa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle