Die dag van die liefde is om die draai. So hoekom nie effens meer moeite doen om op jou mooiste te lyk en voel nie?

Begin by jou naels en kies ’n helder kleur en interessante naelkuns om ’n bietjie te waag.

Probeer een van dié naelvoorkomste

1. Rooi Franse manikuur 

Die SARIE-skoonheidspan het einde verlede jaar op SARIE.com geskryf oor die Franse manikuur wat weer hoogmode is. Die klassieke voorkoms word met moderne kinkels op sosiale media gewaar. Verruil die ikoniese wit lyntjie met ’n rooi skakering. Dis speels, maar tog stylvol.

2. Hart-aksente

Harte is die universiële simbool van die liefde, so hoekom nie jou naels met harte versier nie?

3. Halfmaan-manikuur

Dié manikuur laat jou twee keer kyk. Verf die grootste gedeelte van jou naels bloedrooi, maar moenie oor jou kutikels verf nie. Dit skep ’n interessante vorm aan die onderkant van jou naels. Boonop sal jou naels steeds mooi lyk as dit begin uitgroei!

4. Amandelvormige naels met harte

Die voorkoms is perfek vir langer naels. Vra jou naeltegnikus om jou naels in ’n amandelvorm te vyl. Dié vorm is ideaal om met naellak ’n hart te verf.

5. Pragtige blomme

Wie hou nou nie van blomme nie? Kies verskillende blommotiewe in skakerings van rooi, pruim en pienk vir ’n treffende voorkoms.

Bronne: www.refinery29.com