Vadersdag is om die draa! En as jy nog nie iets vir dié spesiale man het nie, is hier ’n paar geskenk-idees waarmee jy hom die komende naweek kan bederf.

Vir wanneer hy skeer …

Die moderne man bestee gemiddeld meer as 3 000 uur van sy lewe daaraan om baard te skeer, berig The Mirror aanlyn. Hoe en wanneer jy skeer, kan die verskil maak tussen ’n vars en skoon vel teenoor ingroeibaard en ’n branderige, seer vel.

1. Edwin Jagger Sandalwood Shaving Soap (R300)

Die baardseep bevat 99% natuurlike bestanddele en sorg vir ’n moeitelose skeersessie. Eksklusief beskikbaar by Crabtree & Evelyn-winkels landwyd

2. Eco Diva Eco Man Grooming Gift Set (R750)

Bederf hom met ’n volledige skeer-stelletjie. Dié een bevat ’n spesiale skeerbakkie gemaak van ’n kokosneut se dop, asook ’n hout skeerborsel, skeerroom, lyfroom en ’n gesigserum. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd by www.ecodiva.co.za

Vir sy baard …

As die man in jou lewe verkies om ’n baard te dra, is daar gelukkig ’n magdom interessante baardprodukte waarmee jy hom kan bederf. ’n Kort stoppelbaard (stubble) is nou hoogmode, maar ’n voller houtkappersbaard is steeds gewild.

1. HairGum Beard Shampoo (R260)

Dié baard-sjampoe sorg dat jou baard mooi skoon is sonder om jou vel uit te droog. By Clicks

2. Woody’s For Men Beard Oil (R159)

Makadamia- en moringa-olie bevog jou baard intens en gee glans. By Clicks

’n Spesiale geur …

Jy kan nie ’n fout maak met ’n splinternuwe geur vir hom nie. As jy ’n bietjie meer geld het om te spandeer, verras hom met een van dié mansparfuums.

1. Sorbet MAN Eau De Toilette (R349)

Die splinternuwe parfuum bevat ’n mengsel van hout en sitrus note vir ’n vars, manlike geur. By Sorbet MAN-salonne en Clicks

2. Hugo Boss Bottled United (R1 245 vir 100 ml )

Ter viering van die Sokker Wêreldbeker toernooi wat Vrydag afskop het Hugo Boss dié beperkte weergawe van hul gewilde Boss Bottled-geur bekend gestel. Dit spog met note van bloedlemoen, kruisement, kuskusgras en patsjoelie vir ’n aanloklike vars geur.