In ons gejaagde, tegnologiese wêreld van fast fashion en massaproduksie is daar onder verbruikers ’n ál groter behoefte aan luuksheid, sê Nicola Cooper, senior tendensanalis van Kaapstad. “Mense wil spesiaal en goed oor hulself voel. Daarom word klem geplaas op kwaliteit bo kwantiteit en produkte wat bv. vir ’n beperkte tyd beskikbaar is, ’n storie vertel en ’n gevoel van bederf ontlok.”

Een van die beste maniere om ’n tikkie luuksheid in jou lewe te blaas is met ’n nuwe parfuum. Volgens Technavio, ’n internasionale marknavorsingsmaatskappy, groei die gewildheid van luukse parfuums wêreldwyd onder vroue én mans, selfs in ontwikkelende lande. Dit is omdat die dra van parfuum ’n ervaring is wat selde vergeet word en ’n blywende indruk laat. Omdat geur en emosie so nou verbind is, het parfuum die kragtige vermoë om jou begeerlik en spesiaal te laat voel.

“Verbruikers koop ook nie meer net ’n produk nie, hulle koop in op die waardes en inspirerende eienskappe wat die produk verteenwoordig,” sê Nicola. Só bied die stories wat parfuumhandelsmerke rondom hul geure vertel – van die note, bestanddele en bottelontwerp tot die advertensieveldtog en gesig – voortdurend iets nuuts om te ontdek en te geniet.

Glansgeur vir haar ...

“Dis onkonvensioneel genoeg om saam met leer aan te tik, en elegant genoeg om op sy[materiaal] te spuit.” Só beskryf Jimmy Choo die moderne Oosterse blomgeur Jimmy Choo Illicit (R1 595 vir 100 ml EDP). Dié geur met sy intense soet basis van heuning, amber en sandelhout is ideaal vir ’n luukse aand uit. Saam met rose en jasmyn in die hart en topnote van gemmer en bitterlemoen is dit ’n glansryke onthougeur wat selfvertroue en aanloklikheid uitstraal.

Kies Jimmy Choo Illicit (R1 595 vir 100 ml EDP) vir ’n aand uit. Gemmer en bitterlemoen is versoet met heuning, amber en sandelhout

Het jy geweet?

Die sjiek parfuumbottel is ontwerp om soos ’n Art Deco- styl kristalglas te lyk.

Glansgeur vir hom ...

Die splinternuwe mansparfuum van Jimmy Choo, Urban Hero (R1 395 vir 100 ml EDP), is geïnspireer deur die Franse kunstenaar Jules Dedet, ook bekend as L’Atlas. Hy is bekend vir die swart-en-wit geometriese patrone wat hy op sypaadjies of teen geboue in stede soos Parys, New York en Seoel skep. Die geur is heerlik vars en aromaties met topnote van suurlemoen en swartpeper, ’n hart van hout en kuskusgras, en leer en grys amber in die basis. Die perfekte geur vir ’n waaghals vol selfvertroue.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOARIsa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle