Die winter is dalk nog nie behoorlik hier nie, maar ons kan nie wag om binnekort voor die kaggel te sit met ’n glas rooiwyn nie.

Die kalmerende en strelende effek wat kerse en aromaterapie op jou gemoed het, is al sedert die antieke tye bekend. Net die reuk van ’n gegeurde kers kan jou laat ontspan en selfs help om stres te verminder. Boonop skep ’n brandende kers ’n rustige atmosfeer en laat enige vertrek snoesig voel.

Hier is ons gunsteling-kerse vir die seisoen:

1. Yankee Candle Autumn Glow Medium Jar (R339)

Die kers herinner aan herfs se oranje, rooi en bruin blare met note van sitrus, vars kruie, patsjoelie en tonkaboontjie. By uitsoekwinkels landwyd of aanlyn by www.yankeecandlesa.co.za

2. Jo Malone Wood Sage & Sea Salt (R850)

Dit ruik soos ’n koue wintersdag by die see. Besoek www.jomalone.co.za

3. Sisley Rose (R945)

Roos word met kruienote gemeng. By uitsoektakke van Edgars en Red Square

4. Diptyque Paris Figuier (R1 180)

’n Kombinasie van vars vye en dieper houtnote. By Skins Cosmetics in Sandton City

5. L’Occitane en Provence Lavender Scented Candle (R395)

Die bekende geur van laventel is kalmerend. Dié kers het ’n katoen-pit wat geen gasse afgee nie. By L’Occitane-winkels of aanlyn by www.za.loccitane.com

Waking up this Wednesday to fresh florals and Early Spring Bloom fragrance ??

A post shared by Yankee Candle (@yankeecandle) on