Ons vermoë om reuke te prosesseer skakel direk met twee gedeeltes in ons brein wat met emosies en geheue te doen het.

Geur kan jou selfvertroue, konsentrasie en selfs jou drome beïnvloed, sê die Johannesburgse parfuumkenner Liz Ferrett. “Sekere geure kan jou bui verbeter en selfs ’n effek op jou produktiwiteit hê.”

Vanweë ons breinanatomie is ons reuksin sterk met ons geheue verbind. Iets wat soos die see ruik, bring byvoorbeeld herinneringe uit ons kinderjare na vore.

Volgens ’n onlangse mediaverklaring deur Shower to Shower het parfuumnote soos laventel, sitrus en bergamot ’n blywende impak op ons herinneringe, bui en emosies. “Reuk is een van ons sterkste sintuie en word aan ons langtermyn-geheue gekoppel. Dis waarom dit emosies kan ontlok,” beaam Liz.

Dink dus watter geure jy wanneer dra. Liz beveel die volgende geure aan om jou bui te lig:

Probeer dié geure:

Begin jou dag met sitrus

Mandarin orange grove in Southern Spain. Sunny day
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die varsheid van sitrus is ideaal om jou dag mee af te skop. Dit het ’n kalmerende effek en verminder angs. Sitrus bevat antioksidante wat help om vrye radikale te neutraliseer.

Kies laventel vir as jy gestres is

Mandarin orange grove in Southern Spain. Sunny day
FOTO Getty Images / Gallo Images

Laventel het ’n kalmerende effek en help om spanning en depressie te verlig. Die geur help jou ook om beter te slaap en breinfunksie te verbeter.

Peperment om jou ’n hupstoot te gee

Mandarin orange grove in Southern Spain. Sunny day
FOTO Getty Images / Gallo Images

Dit verhoog jou energievlakke en verbeter jou konsentrasievermoë. Peperment maak jou meer waaksaam en verskerp jou geheue.

Sluit jou dag met ’n poeier-geur af

Attractively arranged bunch of flowers.
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die geur van poeier ontlok nostalgie en ’n gevoel van veiligheid. Kalmerende geure soos bergamot, roos of poeier sal jou tot rus laat kom voor jy gaan slaap.

Probeer dié produkte: 

Chanel Chance (R1 615 vir 50 ml EDP)

Earthsap Lavender Nature's Jelly (R78). Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

Nautica Organic Pepperment Essential Oil (R56). Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

Shower to Shower Fresh Powder Shower Crème (R40)