Deur lekker te ruik, gee jou selfvertroue ’n hupstoot én maak jou meer aantreklik vir ander. Volgens ’n persverklaring van Playboy & Playgirl Deodorant lê die aantrekkingskrag in die basisnote. Die basisnote is die geur van die parfuum wat die langste nog nadat jy dit aangespuit het, geruik kan word.  

FOTO Getty Images / Gallo Images

Cosmopolitan berig aanlyn dat heerlike geure die gedeelte in ons brein wat aan aantrekking gekoppel word, stimuleer. Geur het verder ook die vermoë om ons beter oor onsself te laat voel en met meer selfvertroue en sjarme op te tree. Dís juis dit wat ons meer aantreklik vir ander maak. Daar is ook spesifieke geure wat ’n groter aantrekkingskrag as ander geure het.

Dié geure moet vrouens dra:

Vanielje: Vanielje skep ’n gevoel van sensualiteit en gemak. Dit verminder stres en laat jou dus meer op jou gemak voel. Mans is gaande daaroor!

Kaneel: Kaneel word al vir eeue lank in parfuum gebruik. En met goeie rede, dit skep ’n gevoel van knusheid en geselligheid.

Perske en lemoenbloeisel: Dit herinnner aan die soet geure van lente wat ongetwyfeld onweerstaanbaar is! Dis ’n bekende reuk wat met ons kinderjare geassosieer word.

Dié geure moet mans dra:

Peperment: Dis vars, skoon en boeiend. Dit herinner aan iemand wat goed na hulself omsien.

Sitrus: Vrouens word ook deur die vars geure van sitrus aangetrek. Dit skep ’n gevoel van lewenslus, maar tog ook bekendheid wat beide partye gemakliker laat voel.