Die wêreld se glansmense het dié week weer in New York bymekaar gekom vir die jaarlikse Modeweek in die stad. Top-ontwerpers soos Calvin Klein en Tom Ford het hul Lente/Somer 2019-reekse vertoon.

Op die loopplank was daar nie net treffende uitrustings nie, die SARIE-skoonheidspan het ook verskeie tendense vir lippe en hare gewaar.

FOTO: Getty / Gallo Images

Hare:

1. Nat hare

Calvin Klein se reeks het verskeie waterelemente bevat, alles deur die fliek Jaws geïnspireer. Die modelle se haarwortels was droog gestileer en die haarpunte druipnat. Die water het selfs op hul uitrustings afgeloop.

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

2. Vars blomme

Modelle vir die ontwerphuis Rodarte se hare was met vars blomme versier. Party se kapsels was oordadig met blomme getooi, ander net met enkeles. Stringe kleiner blomme is ook in van die modelle se hare geweef.

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Lippe:

1. Blink foelie-tekstuur

Dié lip-voorkoms, geïnspireer deur wetenskapfiksie, is tydens die Jeremy Scott-vertoning gewaar. Lipfoelie is met behulp van wimper-gom op die modelle se lippe aangewend. Met die aftrek van die lipfoelie bly ’n pragtige metaalskynsel agter wat daarna met blinkers versier is.

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

2. Marmer-afwerking

Eckhaus Latte se vertoning het vir ewe treffende "beskilderde" lippe gesorg. Die grimeerkunstenaar Kanako Takase is deur die voorkoms van water en marmer geïnspireer. ’n Neutrale lipglans is dik aangewend. Daarna is geel, blou en selfs wit lipglans in strepe en spikkels bo-oor aangewend.

FOTO: Instagram/@quaintrevolt
FOTO: Instagram/@vnina
FOTO: Instagram/@prince.fufu

3. Onvolledige lipomlyner

Dié modelle het minimale grimering uit Self Portrait se reeks gedra. Lipomlyner is slegs aan die boonste gedeelte van hul lippe aangewend.

FOTO: Getty / Gallo Images

Bronne: www.elle.com