Die wêreld hou asem op vir prins Harry en Meghan Markle se troue Saterdag. En buiten haar rok kan die SARIE-skoonheidspan nie wag om te sien hoe haar hare, grimering en naels gaan lyk nie! Een ding weet ons, ons gaan Meghan nooit weer met ’n helderrooi kleur op haar naels sien pronk nie …

“I’m the best researcher in the firm.” #Suits #ATXTVs6

A post shared by suits_usa (@suits_usa) on

Volgens etiket mag niemand in die Britse koningshuis ooit vals naels of helder, treffende naelkleure dra nie. Dit word as té uitspattig beskou. Gelukkig is netjiese, natuurlike naels steeds elegant en pas dit by enige uitrusting wat die toekomstige hertogin kan dra. Boonop is naels met ’n subtiele wit of pienk skynsel wat gesond lyk nou hoogmode.

Watter naelkleure dra die koninklikes dan?

Dit lyk of Meghan daarvan hou om ’n subtiele beige of nude kleur op haar naels te dra.

Die hertogin van Cambridge en Meghan se amper-skoonsuster, Kate Middleton, hou van ’n klassieke Franse manikuur met haar naels kort en vierkantig gevorm, berig die Britse koerant Daily Mail.

En koningin Elizabeth dra al byna 30 jaar dieselfde deursigtige sagpienk skakering van Essie genaamd Ballet Slippers! Volgens dié naellakreeks se webwerf het die koningin se haarstilis in 1989 in ’n brief aan die Essie-stigter, Essie Weingarten, vir ’n bottel van dié supergewilde skakering gevra omdat dit die enigste kleur is wat die koningin wou dra op haar naels. En ’n paar dekades later is dit steeds haar enigste keuse.

Essie Nail Polish in Ballet Slippers (R140)