Ons kon nie help om op te let hoeveel bekendes se naels wit geverf was by die MTV VMA-toekennings vroeër die week in New York nie. Ons dink wit gaan een van die top-naelkleure vir die komende warmer maande wees!

Dié bekendes het almal met wit naels gespog:

Kylie Jenner

FOTO: Getty

Blake Lively

FOTO: Getty

Ariana Grande

FOTO: Getty

Shay Mitchell

FOTO: Getty

Amara La Negra

FOTO: Getty

Wit naellak pas by enige uitrusting en bykomstigheid en is tydloos en gesofistikeerd. “’n Wit skakering is treffend en trek dadelik die aandag na jou hande,” sê Bonieta Sonnekus, plaaslike opleidingsbestuurder vir die naelreeks O.P.I. Kies ’n sagte wit met ’n pienk ondertoon vir ’n ligte vel en ’n helderder blouwit vir ’n medium tot donker velkleur.

Probeer dié produkte:

1. Sorbet Long Wear Nail Colour in Milky Way (R90). By Sorbet en Clicks.

2. Mavala Nail Polish Mini Color in White (R80)

3. Sally Hansen Hard As Nails Xtreme Wear in White (R45)

4. O.P.I Nail Polish in Don’t Touch My Tutu (R120)

5. Yardley Gel Lacquer Nails in Whimsical White (R60)