Ons almal het ons gunsteling-parfuum danksy die unieke geur waardeur dit gekenmerk word ... roos, ilang-ilang, jasmyn. Maar daar is twee bestanddele wat dalk minder bekend is, maar tog ook van die gesogste – en peperduur. Dit het veral te doen met hoe die bestanddeel verkry word en waarvandaan dit afkomstig is.

Dís van die duurste parfuumbestanddele:

1. Ambergris

Ambergris (letterlik grys amber) is ’n stof wat in die dermkanaal van die spermwalvis aangetref word. Dit het ’n sout reuk, wat dan na soet en aards verander. In die parfuumwêreld word dit gewoonlik in laboratoriums nagemaak omdat die verkoop van natuurlike ambergris in die meeste lande onwettig is. Die vreemde bestanddeel word ook ingespan om die parfuum langer te laat hou. Die koste van die ware Jakob? Meer as R1 miljoen per kilogram! 

Het jy geweet?

Dié duur geure word in die basisnote van die parfuum aangetref.


2. Orris

Orris word verkry van die uiters skaars Florentynse irisblom se bolle. Dit neem tot vyf jaar om die geurige olie te onttrek, omdat die bolle eers uitgedroog moet word. Dis ’n soet, poeierige en aardse geur wat na blomme ruik. Dit kos R400 000 per kilogram!

Extremely Rare, Beautifully Illustrated Antique Vi
FOTO Getty Images / Gallo Images

Bron: www.insider.etiket.ca