Dié simbole is op al wat ’n produk is, te sien. Verbruikers is deesdae baie meer ingelig en kyk aandagtig na die inligting op skoonheidsprodukte se verpakking. Van die bestanddele tot of die produk veganisties is. Alles word haarfyn bestudeer.  

Mixed race woman massaging her face and looking at
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die eenvoudige illustrasies verklap belangrike inligting wat jy as verbruiker van moet kennis neem. Maar weet jy regtig wat elke simbool beteken?

Die simbole verskyn aan die agterkant van skoonheidsprodukte, aan die onderkant van die verpakking. Loer gerus langsaan die magneetstrip.

Die SARIE-Skoonheidspan het die vreemde simbole gaan ontsyfer. Kyk uit vir die volgende simbole, dis die mees algemene simbole wat op Suid-Afrikaanse verpakking verskyn.

Sirkel met pyle

Dit beteken dat die maatskappy wat die spesifieke produk vervaardig, die herwinningskostes van die verpakking dek. Die maatskappy is vir die herwinning verantwoordelik.

Driehoek met pyle

Die simbool beteken dat die produk se verpakking heeltemal herwinbaar is.

Hoppende hasie 

Dit verwys na skoonheid sonder wreedheid. Geen diere is betrokke tydens die vervaardiging van die produk nie.

Uurglas

Dit beklemtoon die spesifieke rakleeftydperk van die produk. Die produk sal vir 30 maande hou, ongeag of dit al oopgemaak is of nie.

UVA

Die produk voldoen aan die minimum vereiste om jou vel teen UVA-strale te beskerm.

Houer met getal

Die getal dui die aantal maande aan wat die produk gebruik kan word nadat dit reeds oopgemaak is.

Vlamme

Die produk is vlambaar en moenie aan hitte of vuur blootgestel word nie

E-simbool

Dit beteken dat die produk volgens Europese standaarde verpak is. Die milliliter of gewig van die produk word gewoonlik langsaan die produk aangedui.

Bron: www.bustle.com