Skoonheidsprodukte met ’n jellietekstuur is nou supergewild.

Jellie bestaan hoofsaaklik uit water en hou jou vel gehidreer, voed dit en laat dit sysag voel. Boonop het dit 'n speelse tekstuur en voel heerlik op jou vel!  

FOTO: Instagram/@lushcosmetics

Probeer dié produkte:

Johnson's Fresh Hydration Micellar Cleansing Jelly (R55)

Dié miselwater verwyder alle onsuiwerhede, vuiligheid en selfs waterbestande grimering. Die formule bevat rooswater, wat jou vel hidreer en heerlik laat ruik.

Clinique Dramatically Different Hydrating Jelly (R295)

Die olievrye formule laat jou vel vars voel en trek maklik in. Jou vel se lipiedlagie, wat help om vog behoue te laat bly, word beskerm.

GLAMGLOW GALACTICLEANSE Hydrating Jelly Balm Cleanser (R600)

Dié reinigingsbalsem help om grimering maklik te verwyder. Jou vel word diep gereinig, wat dit skoon en gehidreer laat.

Neutrogena Hydro Boost Water Gel (R140)

Dié water-jel-formule is perfek vir ’n droë vel. Dit bevat hialuronsuur, wat help om jou vel bevog te hou.

Lush Birth of Venus Jelly Face Mask (R145)

Laventelolie kalmeer jou vel en laat dit sag voel. Gebruik ’n klein bietjie jellie en wend dit op jou gesig aan. Los dit vir so 5-10 minute en spoel af.

Dior Hydra Life Glow Better Fresh Jelly Mask (R1 055)

Dié jelliemasker hou jou vel gesond en glansend. Bestanddele soos sitrusvrugte-ekstrak help dat die formule ook as ’n ligte afskilferaar dien.

essence Counting Stars Jelly Highlighter (R90)

Die verligter skep ’n wonderlike glans. Die jellietekstuur voel soos poeier wanneer jy dit op jou vel aanwend.

Bio-Oil Dry Skin Gel (R88)

Die formule werk droë vel teen. Rome is geneig om water te verloor wanneer dit in kontak met jou vel kom. Aangesien dié formule olie-gebaseerd is, is slegs ’n klein bietjie nodig om jou vel goed te bevog.