Dié naweek vier ons nie net Jeugdag nie, maar ook Vadersdag. Hier volg 'n lys van oulike geskenk-idees vir Pa wat jou nie te veel uit die sak sal jaag nie.

Vir sy baard ...

Daar is wonderlike produkte beskikbaar om ingroeihare en 'n branderige vel te vermy. Neem ekstra voorsorg met dié oulike produkte.

Woody's Beard Balm (R200). By Clicks 

L'Oréal Beard, Face and Hair Wash (R130)

Vir sy hare ...

Ja, mans kan óók met lekker haarsorgprodukte bederf word. Dié liggewig-kam is perfek vir reis. 

The Dual Travel Comb (R160). Beskikbaar aanlyn by www.glamit.co.za

Dove Men Thickening Shampoo (R75)

'n Vars geur ...

Bederf die man in jou lewe met 'n nuwe geur. Dié geure is lig en vars met note soos mandaryn en muskus wat 'n blywende indruk laat.

Jimmy Choo Man Ice (R795 vir 30 ml EDT). By Edgars Beauty

Dolce & Gabbana Light Blue Eau Intense Pour Homme (R855 vir 50 ml EDP). By Edgars Beauty

Vir sy vel ...

In die winter is dit noodsaaklik om ekstra te bevog om 'n droë en geïrriteerde vel te vermy. 

Epimax Man Cream Tube (R48) en Man Lotion Pump Bottle (R70)

Clarins Father's Day Gift Set Ultimate Hydration and Invigorated Skin (R430)