Die jaarlikse toekenningseisoen is gisteraand met die Golden Globe-toekennings afgeskop. Die SARIE-span sien altyd uit na die mode en skoonheidsvoorkomste waarmee sterre pronk. Dit gee dikwels ’n eerste kykie na die jaar se nuutste en grootste trends. Op vanjaar se Golden Globes-rooi tapyt was silwer ooggrimering, gesofistikeerde reguit haarstyle en kersierooi lippe gewild. Hier is die SARIE-skoonheidspan se gunstelinge:

Reese Witherspoon

Haar stompgesnyde lang bob wat reguit gestileer is was veral gewild op vanjaar se rooi tapyt en lyk sjiek. Ons voorspel dié voorkoms gaan net groter word in 2020.

View this post on Instagram

Wearing white to the biggest party of the year, wish me luck! ?? #GoldenGlobes

A post shared by Reese Witherspoon (@reesewitherspoon) on

Lucy Boynton

Ons is mal oor Lucy se voorliefde om te eksperimenteer met haar grimering en dié voorkoms is geen uitsondering nie. Haar oë het geskitter met silwergrys kristalle en ’n bypassende silwer haarbykomstigheid.

Joey King

Die geometriese patrone van die 20-jarige aktrise Joey King se rok het gesorg dat sy op verskeie besgekleede-lyste beland het. Ons dink haar minimalistiese lae poniestert en subtiele ooggrimering komplementeer die rok perfek.

Beanie Feldstein

Die aktrise is bekend vir haar rolle in die flieks Booksmart en Lady Bird. Haar vlootblou haarband pas mooi by haar rok van dieselfde kleur en haar vel lyk vars en glansend.

Ana de Armas

Treffende rooi lippe soos dié van die Kubaanse aktrise Ana de Armas bly immer in die mode. Ons hou ook baie van haar hare wat op ’n interessante wyse in ’n gesofistikeerde dog effens los poniestert vasgemaak is.

View this post on Instagram

??timeless @ana_d_armas

A post shared by Mara Roszak (@mararoszak) on

Ansel Elgort

Die akteur het gewys dat grimering nie net vir vroue is nie! Hy het opgedaag met ’n tikkie glinsterende silwer oogskadu aan die binnehoeke van sy oë. Hy het ook wit naellak gedra. Dis waaghalsig en het mooi by sy fluweel pakbaadjie gepas.