Vir Jackie Burger, styl-ikoon en eienaar van die opskiet-stylsalon Salon 58, is haar kenmerkende silwer hare nog altyd ’n belangrike deel van haar voorkoms.

“My pa se hare was die mooiste silwer en nadat hy in die 1990’s oorlede is, het ek uit rebelsheid al my hare [in daardie stadium platinumblond gekleur; haar natuurlike haarkleur is heuningblond] afgeskeer. Toe dit weer begin uitgroei, was dit silwer. Dit was baie spesiaal omdat dit soos ’n nalatenskap van hom gevoel het.”

Hoewel sy al vir jare dieselfde haarkleur het, het Jackie nog altyd met verskillende snitte en style geëksperimenteer om haar voorkoms modern te hou.

“Ek dink dit het ’n bietjie te doen met die rebel in my. Ons as vroue gun onsself nie altyd die vryheid om te wees wie ons is nie. Om met my hare te eksperimenteer is my manier om die persepsies oor ouderdom uit te daag – soos dat ouer vroue net ’n sekere haarlengte mag dra of nie iets interessants met hul hare kan doen nie.”

Jackie hou veral daarvan om met vlegsels te speel. Van klein vlegsels langs die kant van haar kop tot ’n bonkige vlegsel wat sy as ’n hoë bolla stileer. “My haarstileerder het eenkeer vir my ’n grys vlegsel-verlengstuk van oorsee af gebring wat hy soos ’n haarband om my kop gestileer het – ek was mal daaroor.”

Sy dra ook graag haarbykomstighede. “Ek versamel al jare vintage-haarknippe en is ook lief vir kopbande of serpe, hoede en mussies. Jy hoef nie radikaal aan jou hare te verander om pret te hê nie. Enige vrou kan ’n klassieke haarstyl met ’n mooi bykomstigheid versier.”

Ná 9 jaar in die haarbedryf wéét ek goed versorgde, behandelde hare gee ’n vrou onblusbare selfvertroue. Elke vrou verdien mooi hare.
Hendrien Kruger, INOAR

Wenk:

’n Effense deurmekaar vlegsel is romanties en ’n maklike manier om lang hare interessant te hou.

FOTO: Marijke Willems

Wenk:

Inoar

Probeer INOAR se Vegan-reeks met ’n sjampoe en opknapper (R350 elk), ’n masker (R575) en haarolie (R600). Dis propvol voedende klapper- en olyfolie en bevat geen bestanddele wat van diere of die neweprodukte van diere afkomstig is nie. By uitsoeksalonne en aanlyn by www.inoar.co.za